Mogale se vergoeding

ANC-raadslede betaal “comrade Mpho” ekstra

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 16 Januarie 2012. 12h15. Nee kyk, Oudtshoorn se raadslede weet meestal nie of hulle kom en of hulle gaan nie.

CoGTA (die nasionale ministerie van plaaslike regering) het op 10 Augustus onderneem om Mpho Mogale se salaris te betaal terwyl hy as munisipale bestuurder waarneem. Oudtshoorn sou vir Mogale se reis en verwante koste en selfoonkoste verantwoordelik wees.

Maar die ANC-raadslede het in omitee besluit om Mogale R9,583.33 per maand ekstra te betaal… En toe besluit om sy dienste summier te beëindig.

Waarom Mogale die ekstra geld betaal is weet nugter en dié praat nie.

Slegs raadsheer Pierre Nel het sy teenkanting van die Mogale-betaling laat notuleer.

Mogale is dus met R28,749.99 belastingbetalersgeld vort – ‘n geskenkie van die ANC.

Die ANC kan gee wát hy wil vir wié hy wil, maar nie belastingbetalersgeld nie!

OO het die ANC-raadslede gevra hoekom… Geen reaksie is nog ontvang nie.

OO neem die saak ook op met CoGTA se DG, Elroy Africa, en die DA se skaduminister van plaaslike regering, James Lorimer.

OO moes vanoggend, mbt ‘n ander ondersoek, verneem dat daar nie geld is om sypaadjies te herstel nie…

‘n Korrespondent wil weet waarom Mogale stiptelik betaal is terwyl brandslagoffers vir húlle geld moet wag.

Die ANC behoort Oudtshoorn nie te regeer nie.

Maar… twee DA-raadslede het vroeër gekla oor Mogale se ekstra vergoeding en voorgehou dat daar nooit ‘n raadsbesluit was wat die ekstra geld gemagtig het nie.

Waar was dié twee DA’s toe die besluit geneem is en Nel sy teenkanting genotuleer het!?

Oudtshoorn se rentmeesters laat veel te wense oor.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

8 thoughts on “Mogale se vergoeding

  1. Comrade anders as Oudtshoorn is George een van die beste munisipaliteite in die land wat dienslewering, kliënte diens asook netheid van die dorp aanbetref.George het ook hierdie jaar ‘n skoon oudit gekry waarvan Oudtshoorn net kan droom. Feit van die saak is dat op Oudtshoorn daar geen politieke party is wat teen korrupsie wil opstaan en waarlik iets doen nie. Voor die plaaslike verkiesings is daar mooi beloftes van al die politieke partye maar na die verkiesing gaan daar niks aan nie en word wanorde, swakdienslewering, korrupsie en wanadministrasie toegelaat by die munisipaliteit ten koste van die inwoners van Oudtshoorn. Laastens kan ek net noem dat die Raad van George hulle eie kospakkies ( toebroodjies) saambring werk toe en na Raadsvergadering en nie lekker eet en drink op die belastingbetalers se geld nie – waarlik iets waarop die inwoners van George trots en waardering het.

  2. Comrade – Stop the “Tit for Tat” debate – be constructive on the real issues and needs of the Town’s residents.

  3. Comrade

    Ek kan nie namens die media praat ne, maar as jy OO gereeld lees sal jy sien dat die DA se allebeklaaglikste laksheid gereeld in die sterkste terme aan die groot klok gehang word!

  4. Nee sekerlik nie. Maar die media hang nie DA munispialiteite se fokops aan die groot klok stiptelik daagliks nie.

  5. Andere se opfoese maak Oudtshoorn se opfoese nie meer aanvaarbaar nie!

  6. Die DA beheerde Raad in George het einde 2010 n plaaslike Professor aangestel vir n een dag ekonomiese ontwikkelings beraad wat aldaar gehou is. Het hulle volgens media berigte meer as R 200 000 gekos. Vir 1 dag….die sg fakkel draers van skoon regering. Mpho jy is goedkoop.

  7. Jack nee die DAcivers, wil nie hul kaans op extra vergoeding belemer nie. Jy sal nie hoor as hul sakke ook gelaai word nie. Dis tyd dat die belasting betalers nou op verantwoordliking en anspreeklikheid aandring. Nie soos laasjaar se optog nie, wag nogvir antwoord.

  8. Kan nou glad nie meer die DA verstaan nie, is nooit daar as daar sulke besluite geneem word van ekstra vergoeding nie. DA Is hard om agterna te kla en hulle stemme te laat hoor maar doen verder niks aan die saak nie, wil seker maar wys hulle is nog daar, alhoewel dit lyk of net Nel die werk doen. SKANDE

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s