Unieke geleentheid vir plaaslike tieners

Swartberg Tiener-toneelspelkompetisie – rol in die moewieSwartberg op die spel!

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 15 Januarie 2012. 15h30. Tieners tussen die ouderdom van 15 en 18 jaar en wat hul oog op ‘n dramaloopbaan het, moet hulle vere regskud vir ‘n opwindende geleentheid wat binnekort afskop in die Oudtshoorn omgewing.
Dreams to Reality Productions, met die ondersteuning van die ABSA KKNK, en in samewerking met Swartberg Country Manor, loods in Januarie ‘n kompetisie om jong dramatalent te ontdek, te ontgin en op die planke te bring – voor en tydens die jaarlikse ABSA KKNK in Maart/April 2012.

Die organiseerders sal in Januarie elke hoërskool in die omgewing besoek om meer inligting oor die kompetisie te verskaf en om inskrywingsvorms uit te deel. Inskryfvorms is ook beskikbaar by Toy World in Voortrekker straat (langs KFC) Oudisies word beplan vir later die maand en na ‘n uitdunrondte by die Neelsie, sal die laaste 5 finaliste tydens die week van die ABSA KKNK op die terrein van die Swartberg Manor geskoei word in die fynere kuns van toneelspel deur gerespekteerde drama mentors Elsabé Dempsey, Ronnie Burton en Cyril Clark.

Die wenner sal aangewys word deur ‘n paneel van bekendes in die toneelwȇreld soos Donna-Lee Robertson en Vinette Ebrahim (Annelie en Charmain van 7de Laan), Hykie Berg, en sanger Jak de Priester. Hierdie glansgeleentheid vind plaas op 5 April by Swartberg Country Manor waar elke finalis ‘n dramastuk sal opvoer voor ‘n uitgelese gehoor.

Die finaliste kan hulle ook klaarmaak vir ‘n week van skouerskuur met akteurs en vervaardigers van die nuwe film “Swartberg” wat tydens die kompetisieweek op dieselfde terrein geskiet word. Die wenner slaan ook ‘n klein rolletjie in die fliek los! Nog een van die pryse is dramaklasse vir ‘n jaar by die mentors.

Die organiseerders het nie van die publiek vergeet nie en beplan ope-dae op die filmstel van “Swartberg” tydens die week van die kompetisie. Hierdie ervaring sal ‘n piekniekmandjie met heerlik eet- en drinkgoed insluit en bied die geleentheid om eerstehands die aksie op ‘n filmstel te ervaar. Kaartjies vir die piekniek asook die Gala geleentheid op 5 April sal binnekort by Computicket beskikbaar wees.

Vir meer inligting, kontak Alma op 083 657 5411; of stuur ‘n e-pos aan d2rprods@gmail.com; of besoek die facebookblad Dreams2Reality Tiener-dramakompetisie

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s