Mpho Mogale het Oudtshoorn bevark

Kommerwekkende feite kom aan die lig

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 10 Januarie 2012. 07h45. Betroubare bronne na aan en in die administrasie het laat verlede maand, nadat Mpho Mogale se waarneming as munisipale bestuurder geëindig het, reeds aan OO gesê dat die “lykbesorger van Nokeng” ‘n deurmekaarspul agtergelaat het – na slegs drie maande in Oudtshoorn se top pos.

OO het reeds op 12 Augustus, ‘n maand voordat Mpho Mogale deur die Wes-Kaapse ANC-leier, Marius Fransman, op Oudtshoorn afgedwing is, oor Mogale se bedenklike munisipale bestuursrekord berig – klik hier.

Die eerste aanduiding van Mogale se streke was die ontdekking dat hy op sy eentjie, op 9 Desember verlede jaar, R313,267.99 aan die prokureursfirma Avontuur en Genote betaal het.

Op die rekwisisie, in OO se besit, het Mogale geteken as “Hoof van Dept.” én as “Stadstesourier”. Mogale se persoonlike assistant, Amy Sylvester, het die rekwisisie uitgereik.

Omdat OO in feitlik elke berig bedag moet wees om die loopbane van goeie en getroue bestuurders op Verwoerdplein nie in gevaar te stel nie, kan OO oor hierdie Avontuur-betaling slegs berig dat Mogale dit op sy eie, en sonder selfs die medewete van amptenare wat in die besluit geken behoort te geword het, gedoen het.

Die SOE-verslag van 18 Julie 2011 sê dat “Avontuur & Genote has failed to pay debts collected over to the Municipality for extensive periods of time – to the extend that, during July 2010, they were (calculated on the basis of invoices providede by themselves) indebted to the Municipality in the amount of R622,640.39. As a result, the Municipality terminated their contract on 10 May 2010 and instructed their lawyers to collect the amount due.” (sic)

Maar nadat daai “Minister of Religion and Municipal Manager of Oudtshoorn”, dominee Noël Pietersen, deur die ANC heraangestel is op 3 Augustus 2010, het die dominee Avontuur en Genote op sy beurt heraangestel…

‘n Firma wat die belastingbetalers R622,640.39 skuld – voor rente – word R313,267.99 betaal.

Dis R313,267.99 wat gebruik kon geword het om die strate te herstel. Dis R313,267.99 wat gebruik kon geword het om die nodige instandhouding te gedoen het wat die kragonderbreking van 3 Januarie kon verhoed het. Drie huise kon in Rosebank gebou geword het met dié geld.

Maar Mogale het ook na homself gekyk.

Die besluit om Mogale aan te stel as waarnemende munisipale bestuurder het gevolg op ‘n brief van die direkteur-generaal van koöperatiewe regering, Elroy Africa, op 10 Augustus 2011:

“… the Department will continue to pay Mr Mogale’s salary, however, all other expenses in relation to his travel, claims resulting from travel, cell phone and other costs will be for the account of the municipality.” (sic)

Hiermee was Mpho nie tevrede nie.

Mogale het homself aan R30,000 per maand van Oudtshoorn se belastingbetalersgeld gehelp vir die drie maande wat hy as munisipale bestuurder waargeneem het – bo en behalwe sy departementele salaris; bo en behalwe wat Oudtshoorn se belastingbetalers moes opdok vir sy “travel, claims resulting from travel, cell phone and other costs”.

Hierdie betalings is gedoen in weerwil van ‘n raadsbesluit om Mogale nié te betaal nie. Dit beteken dat die amptenaar wat die betalings goedgekeur het in sy of haar persoonlike hoedanigheid aanspreeklik is om die geld aan Oudtshoorn se belastingbetalers terug te betaal.

Daar kan met reg gewonder word hoe dit moontlik was om drie betalings van R30,000 te maak sonder die nodige dokumentasie om die betalings te magtig. OO is besig om die kommerwekkende aanduidings te bevestig.

Mpho Mogale het ons gerook.

OO is besig met ‘n volledige ondersoek oor die termyn van Mpho Mogale op Oudtshoorn. Hopelik kan die bevindinge gepubliseer word voordat Mogale volgende Maandag terugkeer.

Hoekom hy terugkeer weet nugter.

Mpho Mogale het Oudtshoorn, in die woorde van Breyten Breytenbach, “in die agterste liefdespleet geloer”.

En die belastingbetalers kan die ANC daarvoor bedank. En vir Anton Bredell, die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, wat glo “probeer” het om Mogale se sekondering te verhoed.

O, en die belastingbetalers kan Helen Zille, Theuns Botha, en die DA se federale raad bedank – dat hulle Oudtshoorn teen die “duiwelse” Badih Chaaban “beskerm” het, en die ANC en Mpho Mogale op Oudtshoorn losgelaat het.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

5 thoughts on “Mpho Mogale het Oudtshoorn bevark

  1. Dit is ‘n skande dat die belastingbetalers en gemeenskap moet opdok vir korrupsie en wanadministrasie. Waar is die DA en wat gaan hulle doen om die ongeruimdhede hok te slaan. Hoelank gaan die ANC nog toegelaat word om onbevoegde mense met ‘n rekord van korrupsie en wanadministrasie werk te gee by Oudtshoorn Munisipaliteit.Die belastingbetalersvereniging is ook doodstil as dit kom by die doen en late van die munisipaliteit – bestaan hulle nog. Lyk my die enigste wat omgee en daadwerklik iets doen is Agriforum.

  2. Skokkend, flippen skokkend ! Hierdie “unauthorized payments” sal net weer onder die mat ingevee word en die melkkoeie sal aanhou belasting betaal ! Dit skrei ten hemele, hoeveel nog ?

  3. Wanneer gaan ODN die hele gepeupel afdank en die leisels self oorneem, anders gaan hierdie korrupsie, diefstal en onbevoegdheid NOOIT OOIT stop nie, todat dit te laat is.

    Ek hoop van harte almal wat betrokke is by die Mogale skandaal gaan aangekla word en in hul persoonlike hoedanigheid opdok, MOGALE veral !!. Doen iemand iets aan die Avonduur Sirkus en werk SOE dalk al aan die saak ?

  4. It is curious that physical courage and moral courage so rare, when it comes to doing the right thing. It is curious that physical courage should be so common, when it to divert tax payer funds, for own agendas.

    Wonder nou net wie gaan wat se oor die, in die raad, want van die DA sal jy nie hoor nie, hul herhinder my aan die 4 appies. Die eerste drie kan jy sien maar die 4de is nie beskikbaar nie.( weg op verlof/ sit op n ander tak/ het meer belangrike afspraak/ . . . . /wie is jy jou naam is nie op die lede lys nie!).

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s