“Ek is die eerste burger en ek mag verniet bly”

Gordon skuld belastingbetalers nog vir sy 2010-vakansie!

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 10 Januarie 2012. 13h00. Die onkapabelheid op Beroerdplein* hou net nie óp nie!

En die aanmatiging van daai standerd vier-klong van Dysselsdorp wat burgemeester-burgemeester op Oudtshoorn speel ken geen pérke nie.

Gordon het van 24 – 26 Desember 2010 (20-tién) twee houthuise by die munisipale oord, Kango Bergoord, gehuur teen ‘n totale koste van R1,980.00.

Na verskeie versoeke vir betaling is die rekening in Maart verlede jaar aan die munisipale regsafdeling oorhandig vir invordering.

April se enigste reaksie op Bergoord se versoeke om betaling was om verlede maand 2 chalets vir 3 nagte elk te bespreek van 31 Desember tot 3 Januarie… én om aan te dring op géén betaling nie: “Ek is die eerste burger en mag verniet bly”.

Daar kan net vir April gelag word.

Maar dit is duidelik dat April se party, die ANC, die streke van die standerd vier-klong gedoog, want hy blý burgemeester, ongeag sy gedrag.

En die Wes-Kaapse DA-minister van plaaslike regering, Anton Bredell, het op 1 November verlede jaar sy steun aan April toegesê.

Dis duidelik: Nóg die ANC, nóg die DA, kan met die bestuur en regering van Oudtshoorn vertrou word.

April het toe nie die afgelope jaareinde by die Bergoord gekuier nie. Oudtshoorn se “First Lady” het ongesteld geraak en die “Eerste Gesin” moes tuis bly.

Maar Gordon het nie eens die moeite gedoen om sy bespreking te laat kanselleer nie. En daarom het die Bergoord geld verloor.

Wat is twee of drie duisend rand nou!?

* Nota. Vir lesers buite Oudtshoorn: Die munisipaliteit is geleë op Verwoerdplein, Oudtshoorn – vandaar die benaming “Beroerdplein”, omdat die administrasie op Verwoerdplein beroerd is…

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

3 thoughts on ““Ek is die eerste burger en ek mag verniet bly”

  1. Laat kansellasies en die deposito word altyd verbeur. Het die klong toe ooit n deposito betaal. Klink of meer mense by hierdie ongerymdheid en vermorsing betrokke gaan wees. Hou ons op hoogte asb OO omtrent hierdie EERSTE KLONG en sy trawante se gedurige “entitlement “en vra die mannetjie om “Miss Ellie” op U Tube te gaan bekyk. Hier word direk met April en sy trawante gepraat

  2. Jack, the irony of it all is that the people who need the houses and work the most are the one`s who vote for the ANC and will continue to do so ,irrespective.

  3. OO die geld sal nooit verhaal word nie, Gordon en die ANC kan mos maak en mors soos hulle wil. Jammer dat die gemeenskap nie besef dat solank die raadslede geld mors daar minder geld vir dienslewering is nie.
    Hoeveel geld is nie al die afgelope paar jaar verloor deur korrupsie en wanadministrasie nie, geld wat aangewend kon word vir dienslewering, huise en werkskepping vir die gemeenskap.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s