Toksiese ANC-leiding bevestig

Ian Kenned aangestel as munisipale bestuurder van Cederberg;
waterskeiding vir Anton Bredell!

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 8 Januarie 2012. 14h00. Ian Kenned is die nuwe munisipale bestuurder van Cederberg.

Dis ‘n verstandsverstommende vergryp…

Ian Kenned se firma, IBR Consultants, is deur Noël Pietersen, na dié se heraanstelling as munisipale bestuurder in Augustus 2010, op Oudtshoorn aangestel.

Die aanstelling is, volgens die SOE, gedoen “in terms of a so-called ‘deviation’ provision from the SCM (procurement) policy”.

Die SOE-verslag lui voorts: “The services allegedly rendered by IBR related to a variety of matters and issues, which required a variety of skills, experience and qualifications.”

Oudtshoorn se belastingbetalers het Kenned R1,790,535.03 betaal vir die tydperk 8 Oktober 2010 tot 30 Mei 2011.

Die SOE sê: “The amounts paid to out to IBR (Mr Kenned) are regarded with suspicion (both in terms of regularity of the expenses paid and in terms of value received for money) for various reasons…”

Die verslag dui voorts 5 redes aan.

Die SOE verwys na ‘n stelling van ‘n senior amptenaar van die Munisipaliteit Oudtshoorn dat daar ‘n vermoede bestaan dat “a (essentially) corrupt and/or improper relationship (exists) between Messrs. Pietersen and Kenned” (sic).

OO het op 18 Februarie 2011 ‘n volledige exposé oor Ian Kenned gepubliseer. ‘n Kopie word onderaan hierdie berig aangeheg.

Op 28 Februarie 2011 het Kenned se prokureurs, DLA Cliffe Dekker Hofmeyr, OO se redakteur met ‘n lastereis van R500,000 gedreig omdat OO berig het dat ‘n kriminele klagte op Stellenbosch teen Kenned aanhangig gemaak is.

OO het inderdaad berig dat ‘n kriminele klag op Stellenbosch teen Kenned gemaak is en het op 20 Julie verlede jaar verskoning gemaak vir dié onjuiste berig van ‘n enkele klagte… nadat die SOE uiteindelik bevestig het dat twéé, en nie één nie, kriminele klagtes teen Kenned aanhangig gemaak is!

In ‘n brief aan Anton Bredell, die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, skryf OO Sondagmiddag:

Ian Kenned is die munisipale bestuurder van Cederberg.

Ek haal aan uit die SOE-verslag van 18 Julie 2011 aan Oudtshoorn se uitvoerende burgemeester, Gordon April:

“(Mr Kenned)… is currently under investigation by the SIU for a whole range of irregularities, including fraud and corruption. Two of the matters in which Mr Kenned played a role have in fact since been reported to the South African Police with a view to proceed with criminal action.”

Jy het gruwelik gefaal om Mpho Mogale, die doodsklokluier van Nokeng, op Oudtshoorn te verwyder en ek verneem nou graag van jou wat jy gaan doen om hierdie allerbeklaaglikste aanstelling in Cederberg tersyde te stel.

As Bredell en sy DA provinsiale regering faal om Kenned se aanstelling tersyde te stel, kan met reg gevra word watter moontlike doel die ministerie van plaaslike regering vervul! Hierdie is ‘n waterskeidingsaak vir Bredell. En vir Helen Zille.

Dat Mpho Mogale deur die ANC aangestel kon word om die nasionale ministerie van plaaslike regering (CoGTA) se spesiale taakspan in die Wes-Kaap te lei; dat die ANC Frank Mashilo by Renosterberg kon aanstel; dat die ANC Ian Kenned kon aanstel, is oorweldigende bewys dat die ANC nié met plaaslike regering vertrou kan word nie.

En as die ANC nie met plaaslike regering vertrou kan word nie, kan die ANC nie vertrou word om te regeer nie.

Punt.

Hier is OO se berig van 18 Februarie verlede jaar:

Die spesiale ondersoekeenheid het verlede Vrydag, met die medewete en ondersteuning van die LUR van plaaslike regering, Anton Bredell, ‘n bedrogklag teen Ian Kenned op Stellenbosch gelê en die saak onverwyld na die spesialiseenheid, die Valke, verwys.

Dis nou dieselfde Ian Kenned wat sedert September 2010 as konsultant deur Beroerdplein se “Minister of Religion by training and the Municipal Manager of Oudtshoorn”, dóminee Noël Pietersen, gebruik word.

Pietersen het Kenned en dié se eerstydse kollega op Stellenbosch, Mervyn Doralingo – advokaat Mervyn Doralingo – in September 2010 as konsultante begin gebruik.

Kenned was voorheen die munisipale bestuurder op Stellenbosch en Doralingo die regsadviseur.

Kenned en Doralingo was in September 2010 erg ontsteld oor OO se navrae oor hulle aanstellings op Oudtshoorn en Doralingo wou OO oor ‘n naweek sommer in die hoogeregshof hê oor “vals beriggewing”.

OO verneem dat Oudtshoorn Kenned reeds derduisende rande betaal het – onder andere vervoereise wat betrekking het op meer as 5,000km wat hierdie “konsultant” namens die munisipaliteit afgelê het.

OO het Bredell onverwyld, op 16 September 2010, ingelig oor Kenned se aanstelling op Oudtshoorn. ‘n Senior kollega van Bredell se reaksie was: “Sjoe, shit, wat nog.”

Op 17 Desember 2010 skryf OO wéér aan Bredell oor Kenned se teenwoordigheid op Oudtshoorn.

Het Bredell opgetreë?

Is Jacob Zuma ‘n virgin?

Kan die DA vertrou word?

Kan die ANC vertrou word?

Vir die politici wat hier lees – die antwoorde op bg vrae is nee; nee; nee; en nee.

Nou net sodat lesers nie dink OO is sommer net lus vir klokke lui vandag nie, hier is berigte uit die sg “hoofstroom media” oor Ian Kenned…

Son het op 18 Desember 2009 berig dat Kenned vroeër in die sop was toe hy, as hoof van finansies by die Paarl-munisipaliteit, R80,000 se oortydgeld aan homself uitbetaal het waarop hy nie geregtig was nie. ’n Ondersoek het gevolg, waarna hy jare later net dié bedrag moes terugbetaal.

Volgens Die Burger van 1 Julie 2007 was Kenned ten tyde van die beweerde oortreding adjunk-tesourier by die Drakenstein-munisipaliteit en het hy R50,000 aan homself uitbetaal. Amptenare in sulke senior poste is nie geregtig op oortydbetaling nie.

Die uitvoerende burgemeester van Drakenstein, Herman Bailey, het destyds gesê die beweerde bedrog het op die lappe gekom met Kenned se bedanking.

Hierdie ligte mistykie ten spyt, is Kenned in Mei 2005 aangestel as direkteur finansies op Stellenbosch.

Nadat die munisipale bestuurder, Dave Daniels, se kontrak beëindig is, het Kenned van Junie 2008 af waargeneem as munisipale bestuurder.

Kenned se kontrak as munisipale bestuurder is op 14 Desember 2009 beëindig. Son het op 18 Desember 2009 só oor Kenned se vertrek berig:

Die munisipale bestuurder van die Stellenbosse raad, Ian Kenned, is weggejaag met ’n skamele R240,000 in sy gatsak.

Kenned het Dinsdag sy tasse gepak nadat hy met die nuwe DA/OD-beheerde raad ooreenkom het op skeidingspakket van drie maande se salaris vooruit.

Na verneem word het Kenned sterk aangedring op R3miljoen. Daarna het hy gesak na R1miljoen, toe ses maande en toe weer op vier maande se salaris vooruit.

Son hoor Kenned en die nuwe raad het geskik op drie maande se pay – met kwytskelding van vervolging.

Volgens dokumente in OO se besit het Kenned egter vyf maande se salaris as skeidingspakket ontvang en is daar ooreengekom dat die partye “wedersyds ooreengekom” het om Kenned se kontrak te beëindig.

Son het voorts berig oor verdere stof in Kenned se gesig… die heraanstelling van die vier direkteure wat hy vroeër “onder gewapende begeleiding” uit die raad gesmyt het.

Luvuyo Zantsi, die raad se woordvoerder, bevestig die direkteure – Morriat Mfeketo (korporatiewe dienste), Michael Rhode (tegniese dienste), Marx Mupariwa (beplanning en ontwikkeling) en Ronnie Lottering (gemeenskapsveiligheid) – is in waar­nemende posisies heraangestel.

Die poste sal in Maart permanent gevul word.

Kenned is verlede maand deur die voormalige burgemeester, Patrick Swartz (KCA), ge-fire toe hy ’n ondersoek na ’n beweerde tender­bedrog begin het. Swartz en die onderburgemeester, Cameron Mcako (ANC), is by die skandaal betrek.

Later is Swartz en Mcako van hul magte ge-strip en Kenned is weer aangestel.

’n Volledige forensiese ondersoek het gevolg. Dié ondersoek is deur Kenned gedryf.

Met sy terugkeer het Kenned twee persoonlike lyfwagte aangestel en die vier direkteure weggejaag.

Die raad sê nou in ’n verklaring Kenned het self uit diens getree.

Luidens die verklaring is ’n skikking bereik wat deur Kenned en die administrasie aanvaar is.

“Die direkteure het ’n aanbod aanvaar om tydelik na hul ou poste terug te keer. Hulle sal waarneem in hul direkteursposte totdat die proses vir nuwe aanstellings afgehandel is,” lui die verklaring.

Die “uitvoerende burgemeester” van die Groter Oudtshoorn, Gordon April, moet ‘n slag sy werk doen en sy munisipale bestuurder aanspreek. Die skokwekkende afwesigheid van leierskap in die raad is verstandsverstommend.

Hoe lank nog gaan Oudtshoorn se belastingbetalers en inwoners hierdie mishandeling nog verduur!?

(Nota: Die titel is ontleen aan ‘n artikel van Erwin Schwella, professor in Publieke Leierskap verbonde aan die Skool vir Openbare Bestuur en Beplanning aan die US: Die begogeling van toksiese leiers, Die Burger, 27 Maart 2009.)

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

6 thoughts on “Toksiese ANC-leiding bevestig

  1. Tawwe Tienie van watter kundigheid en leierskap praat jy, die raadslede het terwille van regstellende aksie en om politieke redes, onkundige persone aangestel en moet nou met die gebakte pere sit

  2. Dear IP

    I agree, but given Bredell’s inaction and moreover approval and support of the “goings-on” in Oudtshoorn by the ANC, he must be a “bloody ANC agent”!

    The DA must demand a response on behalf of the “Opposition” and if nothing is forthcoming then he should be brought to task at the highest level within the DA and the laws governing his position and responsibilities in the Western Cape Administration.

    Is our “limp” local DA caucus leader prepared to step up and be counted? (Don’t hold your breath!)

  3. You are all missing the point
    Who is at the top with the authority to do something ? ANTON BREDELL !!

    So if we cant trust that man with our vote, and Anton keeps “looking the other way” it is our duty to report this incapable attitude to the press and Zille, OVER AND OVER AGAIN until he does something concrete as required by law of a man in his position or is REMOVED from that responsible position.

    Should Zille in turn do nothing, the pressure moves up one notch higher and for us all to keep exposing these gravy trainers, both in the DA and ANC

    OO, le asb n amptelike klag by die DA en SOE oor die nuutste gebeure en dat Bredell ook ondersoek moet word vir “omission” asb Bly al hierdie skandelike gebeure aan die groot klok hand an so aanhoudend todat ons aksie kry !!

  4. Min dae Ian Kenned, you can run but you can’t hide, enjoy your last fresh air before the Hawks are to arrest you and Noel and all your cronies….

  5. Die gebrek aan leierskap en kundigheid van amptenare om die raadslede van korrekte advies te bedien, is verstandsverstommend! Hoe is dit moontlik dat al wat onkundige op Oudtshoorn beland het? Waarom bedien die amptenare laer af in die stelsel dan nie die Direkteure en raadslede van advies nie, of is die ander aanstellings oor maar die onkundigste van onkundiges om politieke agendas en kader-lojaliteit te dien? Non Keng is ODN se voorland indien dit so aangaan!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s