Son-vieslikheid oor Ron Lottering

Onnodige, irrelevante beriggewing trek die aandag af van belangrike kwelpunte

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 7 Januarie 2012. 10h20. Son het Vrydag oor ‘n uiters persoonlike verhoudings-dilemma tussen die waarnemende direkteur gemeenskapsdienste, Ron Lottering, en ‘n vrou met wie hy voorheen ‘n verhouding gehad het, berig.

OO verafsku sulke “joernalistiek” en is selfs nie eens bereid om die webskakel van die Son-berig te publiseer nie.

OO sê wéér: OO gee nie ‘n blou duit om wát iemand doen as die kantoordeur saans toeslaan nie; solank daar eerlik, kundig, intelligent en deursigtig bestuur word.

OO is krities oor Lottering se teenwoordigheid op Verwoerdplein, maar Lottering moet aan die maatstaf van eerlikheid; kundigheid; intelligensie; en deursigtigheid gemeet word – nie aan stories wat gewoonlik verskeie kante het nie.

Wat het hierdie Son-storie met mense uit te waai?

Die storie trek net die aandag af van Oudtshoorn se dwingende probleme: ‘n benarde finansiële toestand; waansinnige aanstellings; en ‘n burgemeester wat die dorp skaam maak. Ondere andere. Véle andere.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

2 thoughts on “Son-vieslikheid oor Ron Lottering

  1. Eish n stort vloed van sondes, maar mens mag mos meer as 1 vrou trou dees dae weet net nie of dit wys is nie. Gelukig is dit nie tersprake nie, wysheid is in tekort tans op beroerdplein.

  2. OO.- Indien Son se beriggewing oor hierdie ander vrou in n tydstip plaasvind waar Lottering of beide van hierdie betrokke partye op daardie staduim getroud was terwyl hul in n belangrike publieke posies gedien het, sal dit uiters relevant wees, aangesien dit dui op trou/ontrou en of hierdie publieke individue enigsins vertrou kan word met publieke aspekte, wat nog te se met persoonlike sake waar hul voor God en getuies, “for better or for worse” trou gesweer het.

    Sal graag wou weet wat die situasie toe was, in hul persoonlike hoedanigheid.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s