Mnyimba is al hier!

“Waarnemende munisipale bestuurder” Lottering nie eens ingelig nie!

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 3 Januarie 2012. 11h05. Die ANC hou selfs sy koalisievennote vir die gek.

Nadat die senior poste mooi verdeel is onder die kaders – so erg en blatant was die geknoei dat ‘n senior ANC-gesinde amptenaar, Allen Paulse, die raad, én die ANC, onder andere, dagvaar oor die bedenklike aanstellings van Thandekile Mnyimba en Francois Human – word die NPP se senior verteenwoordiger op Oudtshoorn, die voormalige party sekretaris-generaal, Ronnie Lottering, wat op 14 Desember as waarnemende munisipale bestuurder aangewys is, nie eens van Mnyimba se diensaanvaarding gesê nie!

Lang sin, nè!?

Laat ‘n mens se asem wegslaan.

Nes die ANC!

Lottering dag nog hy neem waar, toe’s die ANC-kader al hiér!

Hoe lank gaan politieke partye en individue nog toelaat dat die ANC oor hulle loop!?

Papbroeke, sê OO!

Noujatoe: Thandekile Mnyimba, van Jansenville, is al hier… Oudtshoorn se nuwe munisipale bestuurder.

Maar niemand moet weet nie, gehoor! Perdalkies is die ANC skaam oor dié aanstelling.

Mnyimba het reeds vanoggend al ‘n lelike flater begaan. Maar OO kan dié storie nog nie vertel nie. Binnekort!

OO het Mnyimba pas gevra vir ‘n onderhoud; hy sal laatmiddag bevestig.

Soos gewoonlik is OO eerste met wat regtig saakmaak op Oudtshoorn!

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

6 thoughts on “Mnyimba is al hier!

  1. Watter “sight for sore eyes” maak Lottering in die SON van vandag?

  2. OU SIDEWINDER jy blameer nou jou ou bantu education seke vi r my swak spel .

  3. Ou John,
    Leer maar eers om behoorlik te spel dan kom kuier jy weer hier by ons.
    Die alternatiewe op dit wat hier gese word lei na ” a suspicion that today’s leaders do not measure up to the titans of old, and a fear that the party (ANC ) enters its second century tarnished and poised to tear itself apart.”

  4. Mooi so, OO. Doen so voort met jou beriggewing en skrywes aan Madam Zille (ten minste word sy dan eerstehands ingelig (en bly ingelig sodat sy nie later verskonings kan he oor wat op Oudtshoorn aangaan nie!).

    As die raadslede dan nie in staat is om hul vingers op die pols te hou en ‘n verskil te maak nie, moet iemand anders dit namens die gemeenskap doen!

  5. nou wat het van Nic Barow julle redder geword!? en die klomp arogante voleerde agter die skerms oudtshoorn DA mentors wat die DA raadslede sou lei!? die klomp berigte op oo gaan jule nerens bring nie

  6. OO
    Dit is super cool.
    Ons vorder fluks met duplisering!
    Twee verkeershoofde……Vir so lank al dat niemand meer daaroor kla nie.
    Nou twee munisipale bestuurders. As Paulse sy saak wen het ons …………Drie minisipale bestuurders!
    Nou net vir die monopoliegeld om almal te petaaaaal

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s