Hoekom is Mogale weg?

Het die lykbesorger van Nokeng Oudtshoorn óók probeer begrawe?

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 3 Januarie 2012. 09h15. OO het dadelik lont geruik toe die raad op 14 Desember besluit het om van Mpho Mogale ontslae te raak.

Nou verneem OO gesaghebbend dat Mogale beduidend aangejaag het terwyl hy as munisipale bestuurder waargeneem het.

Die besonderhede is nog uitstaande, maar OO sal, soos gewoonlik, spoedig agter die kap van dié bepaalde byltjie kom. En natuurlik vertel.

OO het Mogale se bedenklike en embarrassing munisipale bestuursrekord reeds op 12 Augustus uitgewys en OO het Mogale se kader-sekondering en kader-aanstelling as waarnemende munisipale bestuurder voortduring en konsekwent gekritiseer.

Mogale is ‘n nasionale verleentheid; nie ‘n “redder” of ‘n “fixer” nie!

Maar dís die soort allerbeklaaglikste “ekspert” wat ‘n mens uit ANC-geledere kan verwag.

Soos die voormalige munisipale bestuurder van die Sol Plaatje munisipaliteit, Frank Mashilo, wat aangekla word van bedrog en korrupsie saam met die Noord-Kaapse LUR vir finansies, John Block en die sakeman, Gaston Savoi, herontplooi is as die waarnemende munisipale bestuurder van die Renosterberg plaaslike munisipaliteit. (Klik hier vir besonderhede.)

OO verneem ook dat Mogale steeds probeer om homself op Verwoerdplein te laat geld. Sy kommerwekkende teenwoordigheid kan Oudtshoorn perdalks duur te staan kom – veral mbt aanstellings en ander personeelaangeleenthede.

Hou OO maar dop.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

One thought on “Hoekom is Mogale weg?

  1. Hoe waar het Andrew Feinstein dit opgesom toe hy gese het:

    “Andrew Feinstein, a former ANC MP, said “In order to hide the corruption, the ANC were prepared to undermine the very institutions of democracy that they had so courageously fought to establish,”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s