Die DA se rol in die aanstellings

Het die DA sterk genoeg betoog!?

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 31 Desember 2011. 06h15. OO het gister eers die plaaslike DA-koukusleier, Diane de Jager, en toe die DA-leier, Helen Zille, aangespreek oor die aanstellings van die munisipale bestuurder en direkteurs.
_______________
Beste Helen

Ek het die meegaande vanoggend gestuur.

Maar nou word ek oorval met oproepe oor die DA se rol in die aanstellingsproses.

Waarom is die inligting wat ek, byvoorbeeld, binne ‘n dag vandat ek die kortlys gesien het, oopgekrap het, nie deur die DA blootgelê nie!?

Die DA het nié sy jop gedoen op Oudtshoorn nie!

Op watter gronde het die DA teen die aanstellings gestem op 1 Desember, as die DA se lid op die aanstellingskomitee nie teen die kandidate betoog het nie!?

Is daar bloot net téén die ANC gestem in die raad?

Nie goed genoeg nie!

Jy gee hoog op dat die DA Oudtshoorn nie gewen het nie en in opposisie moet bly – maar dan moet die DA ópponéér!

Die bal is iets allerverskrikliks aangeslaan op pad na hierdie bepaalde doellyn toe, Helen. En jy, die leier, moet iets aan die saak dóén!

Byvoorbeeld, oor die aanstelling van Deon Lott as direkteur finansies, kon Donald Grant darem wragtag seker vir Jac Bekker bedag gemaak het om Diane de Jager (DA-lid van die aanstellingskomitee) te waarsku! Die LP’s weet mos darem wat in hulle agterplase aangaan!?

Groetnis; ek wens jou ‘n baie suksesvolle
2012 toe!

Maar ophou protesteer sal ek nie!

Drewan
_______________
Die Koukusleier
Mev Diane de Jager
DA
Oudtshoorn

Mevrou

Ek verneem dat u die DA-verteenwoordiger op die raad se aanstellingskomitee was.

Ek verneem voorts dat u nie teenwoordig was op ‘n vergadering op 25 November nie, wat ten minste bestaan het uit die ANC-lede van die komitee, toe die ANC se streeksleier, Putco Mapitiza, telefonies opdrag gegee het dat bepaalde kandidate aangestel moet word.

Bevestig asseblief of u na hierdie bepaalde vergadering genooi is; alternatiewelik, of u van die vergadering bewus was; en indien u een of beide van die voorafgaande kan bevestig, waarom u die vergadering nie bygewoon het nie.

U teenwoordigheid op vergaderings, en veral op die vergadering van 25 November, kon ten beste die ANC-lede ten minste onder druk geplaas het om die aansoeke volgens aanvaarde beginsels en aan die hand van graderings tot die raad se beskikking te oorweeg het en nie blind en volgens party-opdragte nie.

U indrukke van die ANC-lede se gedrag onder druk van party-funksionarisse is van kardinale belang in pogings om die aanstellings tersyde te laat stel. En ú indrukke sou die énigste insig beskikbaar wees om die komitee se beredeneringe te beoordeel.

Bo en behalwe die inligting wat ek hieronder versoek, is ‘n verslag aan die DA-koukus oor die vergaderings wat u wel bygewoon het van die opperste belang.

Dui asseblief aan watter inligting u aan die komitee voogelê het wat die aanstellings van Thandekile Mnyimba (munisipale bestuurder); Deon Lott (direkteur finansies); en Francois Human (direkteur korporatiewe dienste) sou kon verhoed het.

Het u, byvoorbeeld, Mnyimba se swak toetspunte; en sy gebrek aan tersaaklike ondervinding, aan die komitee voorgehou toe sy aanstelling bespreek is?

Het u, byvoorbeeld, Bitou se kommerwekkende finansiële toestand; die ongerymde gebruik van behuisingsgeld; die bedrieglike verwysing na die provinsiale tesourie se standpunt oor ongebruikte toewysings; en ‘n lening in weerwil van ‘n raadsbesluit, aan die komitee voorgehou toe die aanstelling van Lott bespreek is?

Het u, byvoorbeeld, die Dekkerverslag aan die komitee voorgehou toe die aanstelling van Human bespreek is?

Ek verneem graag spoedeisend van u.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

2 thoughts on “Die DA se rol in die aanstellings

  1. Hulle het hulle werk net so vrot gedoen soos destyds met die aanstelling van die eerwaarde. Net die ou salarisie maak saak.

  2. Hul sal skitter in hul aweesigheid, en hul stilswye sal boedele uitpraat. DA jul dade praat veel harder as jul persverklarings.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s