Mogale se goeie wense vir ons mense

Kol Sanders wens hoenders ‘n beter toekoms toe…

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 25 Desember 2011. 07h00. OO gaan, in voortgesette, ononderbroke protes teen politici en amptenare en doodgewone skurke wat Oudtshoorn onophoudelik (met apologie aan Breyten) “in die agterste liefdespleet loer”, ook nie vandag, Kersdag, “mooi broodjies bak” nie!

Oudtshoorn se enigste hoop is voortgesette protes.

Oudtshoorn gaan ten gronde! Carthago delenda est!

In ‘n ope brief in die Oudtshoorn Courant aan die inwoners van Oudtshoorn, sê die voormalige waarnemende munisipale bestuurder, Mpho wa ga Mogale, hy het voldoen aan die mandaat van die nasionale ministerie vir koöperatiewe regering (CoGTA) oor Oudtshoorn.

Die raad, wat Mogale se teenwoordigheid teen wil en dank en alle koste afgedwing het, het op 14 Desember eenparig besluit om van hom ontslae te raak.

“As I step aside for the team, I am definitely not leaving Oudtshoorn. My department and the Western Cape Provincial Government will work very close with Council to ensure that the recovery is sustained.”

Mogale is die programbestuurder vir CoGTA se tegniese ondersteuningseenheid vir die Wes-Kaap en hy is tevrede dat hy sy tweevoudige mandaat suksesvol uitgevoer het: “I was ordered to stabilize the municipality and to restore good corporate governance. I am satisfied that the first deliverable (stabilization) has been achieved. The appointment of the Municipal Manager, Ntate Thandekile Mnyimba and three directors marks the commencement of a new chapter for the entire council and the community of Oudtshoorn. They bring an immense knowledge bank and a wealth of experience that will benefit the municipality. I am confident that, with the support of council, they will turn the municipality around.”

Mogale sê Oudtshoorn se 14 000 belastingbetalers verdien die beste en hy het die volstruiskrisis en rasseverdeeltheid as die grootste uitdagings uitgewys.

“The municipality has an obligation to serve you well. Anything less is unacceptable.”

Hy het die inkomende administratiewe leierskap aangeraai om ‘n omvattende kommunikasieveldtog te loods om inwoners ingelig te hou.

“Municipalities are managed differently now than in the era of town clerks in the seventies and eighties. Residents must appreciate the need to participate in the IDP and budget processes, they must come to IMBIZOs called by the executive mayor and use the opportunity to engage the leadership on pertinent service delivery matters.”

Hy sê e-pos en Internetkommunikasie is nie voldoende nie.

“Government has given us a participatory local government system. Let us once and for all live this developmental local government system. It is our future!”

Mogale sluit sy boodskap af met goeie wense vir die toekoms vir almal:

“It was a pleasure and privilege to serve as acting municipal manager. I wish you all a wonderful Merry Christmas and a more rewarding 2012! God bless Greater Oudtshoorn!”

Mogale se “analise” laat OO ýskoud.

OO het Mogale se bedenklike en embarrassing munisipale bestuursrekord reeds op 12 Augustus uitgewys en OO het Mogale se kader-sekondering en kader-aanstelling as waarnemende munisipale bestuurder voortduring en konsekwent gekritiseer.

Mogale is ‘n nasionale verleentheid; nie ‘n “redder” of ‘n “fixer” nie!

Maar dan moet daar natuurlik onthou word dat Jacob Zuma president is. En Gordon April burgemeester.

Mogale moet liefs bekhou oor munisipale bestuur – hy het die Gautengse munisipaliteit, Nokeng, tóébestuur: die munisipaliteit bestáán nie meer nie!

Mogale se sekondering na Oudtshoorn is típies ANC: RSG het op 22 Desember berig dat die voormalige munisipale bestuurder van die Sol Plaatje munisipaliteit, Frank Mashilo, wat aangekla word van bedrog en korrupsie saam met die Noord-Kaapse LUR vir finansies, John Block en die sakeman, Gaston Savoi, herontplooi is as die waarnemende munisipale bestuurder van die Renosterberg plaaslike munisipaliteit.

Die berig lui voorts: “Volgens die departement van samewerkende regering is Mashilo se ontplooiing ‘n poging om dié beleërde munisipaliteit te red. Renosterberg word geteister deur administratiewe en finansiële probleme. Die opposisie het reeds gevra dat dit onder administrasie geplaas word. ‘n Woordvoerder van die departement, Gamiem Abrahms sê Mashilo word as onskuldig aan bedrog en korrupsie beskou, totdat sy skuld bewys is. COPE in die Noord-Kaap sê die Renosterberg munisipaliteit moes al lankal onder provinsiale administrasie geplaas gewees het. ‘n Woordvoerder, Fezile Kies sê dit is onduidelik watter invloed die ontplooiing van een persoon gaan hê. Die DA in die Noord-Kaap sê die herontplooiing van Mashilo is ‘n klap in die gesig van belastingbetalers. Andrew Louw sê kader-ontplooiing het aanleiding gegee tot die mislukking van plaaslike regerings in die Noord-Kaap.”

As jy vrót bestuur is jou ANC-punte hóóg!?

Die énkele grootste probleem op Oudtshoorn is nie rassisme, of toerisme, of voëlvirusse nie; dis die volslae afwesigheid van politieke leierskap.

Oudtshoorn is sedert 2007 uitgelewer aan Diane de Jager en Gordon April… Géén wónder níks wérk nie!

Oudtshoorn is sedert administrasie in 2007 bloot ‘n geskroeide aarde slagveld van wedersydse ANC en DA kleinlikheid; van kader-aanstellings; van wanbestuur en plundering.

Behoede ons die voortgesette “leierskap” van De Jager; April; Mogale en kornuite.

Vir OO se lesers, dít: OO sal voortgaan om die verkragting van Oudtshoorn van die dakke af uit te roep – onophoudelik, aanhoudend, tot kotsens toe.

Die hoop-boodskap is dít: Solank slegs één énkele stem in die woestyn roep, is daar hoop! Kom sluit aan by die koor.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

6 thoughts on “Mogale se goeie wense vir ons mense

  1. Alle steun en seenwense aan OO
    Gaan so voort, die besturende lot patete se lot sal uiteindelik finaal beklink word. Vraag is net , nadat hul hoeveel verwoesting gesaai het ? Wat jy saai sal jy maai !!

  2. OO, As soldate en voormalige soldate verstaan ons jou konsep van “Oudtshoorn is sedert administrasie in 2007 bloot ‘n geskroeide aarde slagveld van wedersydse ANC en DA kleinlikheid; van kader-aanstellings; van wanbestuur en plundering.”
    Ek vrees die ouens met en van wie jy praat het nie ‘n “clue” waarna jy verwys nie en dink dis die afbrand van skole.
    Alleen as mens so ‘n slagveld fisies ervaar het kan jy die nutteloosheid daarvan verstaan.

  3. Mogale you envoke God to bless our Town yet you and your ilk embrace Satan – make up your mind!

  4. Mogale se boodskap kom dat hy (BIg Brother) nog hier is om ons dop te hou.
    Voorwaar verontrustende woorde.
    Ridder op die wit perd se gat!!!!!!!!

  5. I wish you well Mogale, you are so clueless that you don’t even know how many rate-payers there are in Oudtshoorn??

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s