April wil hê belastingbetalers moet sy regskoste betaal!

Die standerd vier-klong verloor hélemal kop!

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 23 Desember 2011. 16h10. Die burgemeester, Gordon April, staan op 3 Februarie tereg op klagtes dat hy van die belastingbetalers gesteel het… en die burgemeester, Gordon April, wil hê die belastingbetalers moet sy regsrekening betaal.

Die waarnemende munisipale bestuurder, Ronnie Lottering, het vanmiddag aan OO bevestig dat die raad ‘n aansoek itv a109A van die stelselswet, van April, om sy regskoste te dra, ontvang het.

Lottering sê dat hy voorneme is om die aansoek voor die raad te bring vir oorweging omdat die delegasieregister nie voorsiening maak dat die burgemeester, of die munisipale bestuurder, oor só ‘n aansoek kan besluit nie.

In ‘n brief aan verskeie kenners oor munisipale wetgewing skryf die redakteur van OO as volg:

I can not, for the life of me, see how s.109A may be contorted, twined, embrangled or otherwise construed or reded, to accommodate such assistance to defend charges of theft of municipal property.

Hier is die tersaaklike artikel:

Legal representation for employees or councillors of municipality
A municipality may, subject to such terms and conditions as it may determine, provide an employee or councillor of the municipality with legal representation where-
(a) legal proceedings have been instituted against the employee or councillor as a result of any act or omission by the employee or councillor in the exercise of his or her powers or the performance of his or her duties; or
(b) the employee or the councillor has been summoned to attend any inquestor inquiry arising from the exercise of his or her powers or theperformance of his or her duties.

Indien die raad April se aansoek goedkeur, meen OO, sal dit noodwendig beteken dat die raad diefstal gedoog in die uitvoering van die burgemeester se magte en pligte.

Die standerd vier-klong wil hê die mense van wie hy gesteel het moet betaal om hom teen die mense se klagte te verdedig.

Dié soort ding is die probleem met standerd vier-klonge.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

18 thoughts on “April wil hê belastingbetalers moet sy regskoste betaal!

  1. OO
    Lottering kan gerus nalees wat die pligte van ‘n uitvoerende burgemeester is alvorens hy die raad adviseer oor die toepaslikheid van artikel 109A.
    Dit kan beswaarlik inhou om opdragte te gee aan lorriedrywers oor die plek waar sand en klip afgelaai moet word. Daarvoor is daar GOED BETAALDE amptenary in diens.
    Die raad besluit en die amptenary voer uit of hoe?

  2. Kotane- dit wys jou nou net julle comrades kan darem ‘n ding goed opdonner ne? Wie is in beheer van die Gevangenisdienste en Dept of Justice?

    Sorry man ek moes seker comrade Carl Niehaus eerder genoem het ne?

    Smaak my jou naam kan Lottering wees, want julle altwee weet niks van die reg nie?

  3. Kotane
    Vordat jy die regastelsel aanvat, haal jou bittere kleur bril af.
    Doen dan die moeite om die regte feite en agtergrond van die gevalle wat jy aanhaal na te vors.
    Die feilbare mense wat deel uitmaak van die regstelsel het jare studie en ondervinding en word opgelei om regsbeginsels eerder as populistiese wraak toe te pas.
    Geen stelsel is perfek nie. Daarom die reg op appèl.
    Terloops die man wat na bewering iemand oor die draad gegooi het vir die leeus is Scott-Crossley.
    Google gerus SAFLII (South African Legal Information Institute .)
    Daar sal jy die Appèlhofverslag te lees kry oor sy saak:
    S v Scott-Crossley (677/06) [2007] ZASCA 127; [2007] SCA 127 (RSA); 2008 (1) SA 404 (SCA) (28 September 2007)
    Drie appèl regters (MTHIYANE, CLOETE et PONNAN JJA) wat sekerlik ‘n bietjie beter oorleg is met die reg as u, het eenparig bevind dat Scott-Crossley verkeerdelik aan moord skuldig bevind is. Hulle het bevind
    “ 1,The appellant’s conviction for premeditated murder and the sentence of life imprisonment are set aside
    2 There is substituted a verdict of guilty of being an accessory after the fact to murder.
    3. The sentence is altered to 5 (five) years imprisonment backdated to 30 September 2005.”
    Sy misdaad was dat hy sy mede beskuldigdes (swart) gehelp het om hul misdaad te verberg.
    Hieroor spreek die geleerde regters hul as volg uit?
    “There can be no question however that the appellant participated in the concealment of the crime of murder and thus made himself guilty of being an accessory after the fact to that crime. He transported the body of the deceased in his vehicle and assisted in disposing of it at the lion camp so as to enable accused 1 and 2 to evade the consequences of their crime”
    Oor rassisme het die regters die volgende opgemerk
    “There was some suggestion in the evidence that the crime was a racially motivated one. However, Dr M Tsele, a representative of the South African Council of Churches who was called by the State in aggravation of sentence, conceded that as the evidence unfolded he was persuaded that his initially held view that the crime was racially motivated, was wrong.”
    Lees gerus die volledige verslag en lewer dan kommentaar,

  4. OO die swart meerderheids regering het niks te maak met die vertroue wat mense begin verloor in ons vervolgings gesag en die land se strafregstelsel nie. Jy hoef nie n regs geleerde te wees om te sien dat daar iets ernstig verkeerd is met ons strafreg stelsel, insluitende die howe nie. Swart mense word nog steeds anders behandel en swaarder gestraf. Daar is byna geen konsekwentheid nie. Reinhardt Tiedt hulle is by die huis nadat hulle slegs twee jaar van hul moord vonnis uitgedien het. Dit maak seker min saak dat dit n swart man is wat deur hulle vermoor is. Die Limpopo boer wat sy eks werker vir die leeues gevoer het is gevonnis tot vier jaar tronkstraf. Sy swart mede beskuldigde gevonnis tot vyftien jaar. Is dit geregtigheid?

    Mafia baas Glen Agliotti en sy bende moordenaars en dwelm smokkelaars loop vry rond omdat hulle so braaf was om te getuig teen Selebi n ANC leier. Is dit geregtigheid?

  5. Lizanne Pelham
    I share your sentiments about April’s request for legal assistance.
    As chairperson of the OBBV, you should however exercise restraint.
    To call upon rate payers to support your campaign, is fine but ineffectual.
    You should know by now that you cannot withhold rates for such a cause.

  6. Kotane
    Die plaaslike aanklaer het die gedelegeerde bevoegdheid om te besluit om aan te kla of nie. Hy/sy oefen daardie bevoegdheid daagliks uit. Selfs moord verdagtes verskyn eers in die landdroshof en dan word die dossier verwys na die DOV. Die besluit om die Gordon April/Wagenaar dossier na die DOV te verwys, is dus niks sinister nie.Die aanklaer tree waarskynlik voorkomend en in antisipasie op of dalk by ooreenkoms met die beskuldigdes se regsverteenwoordiger. Elke beskuldigde het die reg om vertoë te rig. Soos Pietersen, sal April ook gebruik maak van daardie reg. Deur die dossier nou al te stuur, sal help om die proses te bespoedig. Tot voordeel van almal.
    Jou verdagmakery en speel van die raskaart is geheel onnodig maar verbaas glad nie.
    Terloops,Jy verwys na R200 se sand,Ons verneem graag waar kry jy ‘n paar vragte sand en klip afgelaai voor jou huis vir R200???
    Wat ookal die waarde van die sand,gaan dit oor die misbuik van mag.As jy wil vergelykings tref, vergelyk appels met appels nie met pere.

  7. Kotane

    Lees ek jou reg:

    1) Die feit dat ander (wit) mense wette verbreek het maak dit maar oukei vir swart en bruin mense om wette te breek?

    2) In ‘n land waar ‘n swart meerderheidregering regeer en die hoofregter (Mogoeng Mogoeng) homself meer as een maal in die openbaar “verspreek” het dat hy vir die regering sou werk, word swart mense benadeel in die regstelsel?

  8. Eish Soldaat jys darem maar ver regs. Gn wonder Oudtshoorn is deesdae die bedrock van regse idees nie. Die wit senior amptenaar van Eden Munisipaliteit hier by ons is onlangs skuldig bevind aan diefstal en bedrog van meer as R 1 miljoen. Opgeskorte vonnis en korrektiewe toesig gekry die luck skurk. As sy velkleur swart was en boonop nog n ANC leier was sou hy lang tronk straf gekry het. Waarborg die Grondwet dan nie dat ons almal gelyk is voor die reg nie?

  9. Kotane- soos jy nou redeneer, as ‘n mens min steel is dit ok, maar as jy groot steel en jy is ‘n ANC comrade soos Gerald Majola, om maar net een korrupte comrade as voorbeeld te gebruik, het hy niks verkeerd gedoen nie en is daar eerder ‘n derde mag agter hom wat sy job/bloed soek??

    So as jy ‘n klein mens vermoor is dit ook ok, solank jy nie groot mens doodmaak nie?

    Net solank jy nie ‘n groot comrade dood maak (Chris Hani) dan al is jy sterwend en jou lyf deurdring met kanker soos Darby Lewis sal jy nooit parool kry nie en moet jy in die tronk vrek, maar as jy nou so siek is soos Sheik en Yangeni is, word jy vrygelaat, en fiks genoeg om gholf te speel, smart suits te dra, en met duur karre rond te ry.

    Arme Selebi gaan hy dit maak? Dink jy nou werklik vir een oomblik Selebi het net ‘n paar skoene en R160 000 se bedrog en korrupsie gepleeg, word wakker man!!

    Kom bleddie by man, jy is verstandloos en/of brein dood, jy openbaar ook dieselfde morele waardes soos jou comrades hier en nasionaal!!!

  10. Kotane – ‘n “crook bly ‘n crook” en en drol maar ‘n drol – maak nie saak hou netjies jy hom of dit aantrek nie!

  11. Dit het die staat R17 miljoen gekos om Selebi te vervolg oor n R 160 000 bribe. Die regskoste in April saak kan ook redelik hoog wees vir R 200 se sand. Is dit die moeite werd om die reg stelsel so te misbruik om politieke punte te score? Is dit justice as daar eers besluit word om aan te kla en agterna die docket na die Dov te wys vir beslissing? Ons kan nie toelaat dat staats instellings soos die Dov en Saps gebruik word om politiek te speel nie. Dit is vir my snaaks hoe gou daar aksie is wanneer ANC hoogeplaastes ter sprake kom. Is die stelsel van geregtigheid anders waar hooggeplaaste ANC leiers betrokke is?

  12. Ag nee wat genade…… dit moet darem nou einde kry! Hoe lank sal dit nou neem voor verantwoordelike mense in die Munisipaliteit aan te stel?

  13. “……in the exercise of his or her powers or the performance of his or her duties…” and “….arising from the exercise of his or her powers or the performance of his or her duties…”.

    lottering – we suggest a refresher in English 101!

    Read s.109A carefully, apply your brain (?) and then only engage your mouth.

    If you proceed with this ill-conceived motion, you to will be up before the Magistrate for “misappropriation of the public purse!”

    Wow – I am now sure the ANC make this s..t up as they go along.

  14. OO – If the Municipality agrees to pay Mr April’s legal fees – the Rate Payers Association will declare a dispute, sue the municipality and forthwith withhold taxes. If any citizen of Oudtshoorn want to join this dispute they are welcome to e-mail the Rate Payers Association on oudtshoornrpa@gmail.com

  15. OO kan jy vir ons miskien se watter formele kwalifikasies die ene Mnr. Lottering oor beskik, plaas asb indien u dit het?

    Kan jy jou indink ‘n tweede Jackie Selebi in ons midde? Waar het jy gehoor van iemand wat diefstal pleeg teen die gemeenskap en dan nog regshulp kry van die staat wil he of kry, net in Suid-Afrika seker!!

    Dan misbruik hy nog die raad se voertuig nog daarby, ook maak niks gewoont nie…

  16. Ronnie Lottering said what? Article 109A of the Systems Act?? Can he read, does he have any legal comprehension, who has advised him? And he was/is appointed as Acting Municipal Manager, definitely not a suitably qualified person.

  17. Die Skaapwagtertjie en veral sy regspan wat hierdie aanbeveling moontlik voorgestel het, behoort onder stok geneem te word.

    Hier kom n ding en ek wil liefs die skaap wees in hierdie verhaal, eerder as daardie skaapwagtertjie wat “allegedly” van sy troppie gesteel het.

    Dankie OO, ons hou hierdie petaljetjie fyn dop en het lanklaas gewens dat 3 Fen gou sou aanbreek
    “Justice is waiting !!”

  18. Die beeswagters sukkel ook maar om te “verstaan” as dinge hof toe gaan.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s