Gordon en Mpho probeer OBV systap

Maar die tweetjies kry plettervatte

Nuus met méning!
Klik op die advertensies

Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê

Volg OO op twitter: oudtshoorno

Oudtshoorn. 7 Desember 2011.

15h30. Terwyl die vermoedens hoog loop dat Walter Hendricks, direkteur gemeenskapsdienste, op die punt staan om geskors te word, wil OO ook nog weet van die meer as R152,000 wat wederregtelik aan die munisipale amptenaar Persens Heinse uitbetaal is.

Heinse het ‘n waarnemingstoelaag van R25,435 per maand ontvang vir 6 maande nádat Gavin Juthe, in wie se plek Heinse waargeneem het as hoof van behuising, teruggekeer het!

Dié geld moet terugbetaal word!

10h40. George Kersop het die afspraak met Mogale en April vir Maandag gekanselleer en per e-pos bevestig dat hy teen Vrydag die skriftelike antwoorde op die vraagstukke hieronder wil ontvang.

Kersop skryf: “Ek is nie bereid om met enige een in gesprek te tree alvorens ek nie skriftelike antwoorde op al die vrae ontvang het nie. ‘n Sperdatum van Vrydag 9 Desember 2011 is aan Mnr Mogale gestel vir die skriftelike beantwoording van al die vrae rondom die administrasie van die Oudtshoorn Munisipaliteit.”
 
Aan OO het Kersop herhaal: “Ek wil die antwoorde op skrif hê; ek wil nie na verskonings luister nie; ek wil die feite aangespreek hê!”

06h05. Die uitvoerende burgemeester, Gordon, en die waarnemende munisipale bestuurder, Mpho Mogale, het Maandag en Dinsdag probeer aftrap soos Mils Muliaina en die bal probeer aangee soos Sonny Bill Williams…

Alles om aan die foltering te ontkom om op direkte vrae van AfriForum en die belastingbetalersvereniging te reageer.

Die OBV het op 28 November vrae gevra oor sake wat OO-lesers reeds intiem ken:

1. Mogale se aanstelling;
2. Die uitbetaling aan Thembani Gutas;
3. Die kriminele klagtes wat die SOE aanhangig gemaak het;
4. Die implimentering van die SOE-verslag;
5. Die aanwending van die e10,000 wat Alphen aan den Rijn vir die GG-kamp brandslagoffers geskenk het;
6. Die moskee-ondersoek;
7. Die bedenklike lewensomstandighede by Riemvasmaak – en die aanwending van die R1m om dié nedersetting te ondersteun;
8. Die raad se katastrofiese finansiële situasie;
9. Die dwingende ongerymdheid van die onderburgemeester en die speaker se raadsetels;
10. Die verregaande koste rondom die beëindiging van Noël Pietersen;
11. Die aanstelling van Ronnie Lottering in die kantoor van die speaker;
12. ‘n Ampsmotor vir die burgemeester;
13. Die R282,000-uitbetaling aan die “Rural Family Empowerment and Development Organisation”;
14. Die aanstellings van ‘n munisipale bestuurder en direkteure;
15. Die burgemeester se “bousand en -klip-verbruik”.

Die OBV het Gordon tot 5 Desember gegee om “skriftelik” te reageer.

George Kersop, voorsitter van AfriForum en ondervoorsitter van die OBV, het Maandag in die OBV-voorsitter, Lizanne Pelham, se afwesigheid op die raad se “skriftelike” reaksie aangedring.

Mogale se persoonlike assistent, Amy Sylvester, het laat Maandag gesê dat Mogale besig was met ‘n brief aan die OBV.

Dié “reaksie” is Dinsdagoggend net na middernag ontvang:

Dear Ms. Pelham

Your letter dated the 28 November 2011 refers;

The municipality note the issues raised in the letter and furthermore propose that a meeting be held with your leadership to engage on the matters raised.

There is a need for all of us to find each other for the sake of the welfare of the Greater Oudtshoorn.

Any confrontational attitude will not be helpful. We have a responsibility to make the municipality work for all of us.

The proposed meeting can be held at your earliest convenience date and time.

Your response will be keenly awaited

Yours in service delivery

Mpho Mogale
Acting Municipal Manager

Pelham en Kersop wou van dié “reaksie” niks weet nie. Hulle het ‘n skriftelike respons op bepaalde vrae geëis en Mogale se reaksie is as ‘n ontwyking beskou.

Kersop het Maandag reeds probeer om Mogale te spreek, maar die lykbesorger van Nokeng was nie beskikbaar nie. Kersop het ‘n afspraak vir volgende Maandag om 09h00 gekry, omdat Mogale van gister af uitstedig is.

Kersop het Gordon Dinsdagoggend op sy selfoon in die hande gekry toe beide die burgemeester en sy assistent op kantoor afwesig was.

Gordon het sy ontsteltenis uitgespreek omdat “almal deesdae antwoorde wil hê”, of iets in dier voge.

Gordon het bevestig dat hy op die OBV se brief gereageer het, maar kon Kersop ook eers Maandag 09h00 in sy besige program inpas.

Dít was onaanvaarbaar.

Kersop het Sylvester weer na Mogale se skriftelike antworde gevra en is na die munisipaliteit se woordvoerder, Ntobeko Mangqweqwe, verwys.

Mangqweqwe het onderneem om die saak te ondersoek en het laat weet dat Kersop Mogale moet bel.

Mogale het na ‘n stempos van Kersop teruggebel en voorgestel dat die partye eerder Maandag in gesprek tree oor die OBV se vrae.

Kersop het egter aangedring op ‘n skriftelike reaksie voordat daar gepraat word.

Mogale moes uiteindelik bes gee en het onderneem “to see what can be done”, of iets in dier voge.

Hoekom antwoord die munisipaliteit nie net eenvoudig op die OBV se vrae nie?

OO het nie nodig om dié ou vragie te bespreek nie.

Kersop en Pelham het gister afsonderlik aan OO bevestig dat hulle op ‘n skriftelike respons aandring voordat daar met die munisipaliteit gepraat sal word.

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

7 thoughts on “Gordon en Mpho probeer OBV systap

  1. Sadruid – Piet het al te seker sy “sjeld” gekry en le nou rustrig saam met die cadres!

    PS – Die bruin sampejoene is moontlik “old stock” van die wittes?

  2. Dis van teveel verskoonings net aanvaar dat ons sit met die lot, Dankie vir die nie meer BS aanvaar houding van MR Kersop. Ek hoop dis aansteeklik.
    PS wat het van oom Piet Moony se eis geword?
    PPS Ek sien mens kry nie net wit sampejoene maar bruines ook.

  3. George hou die druk Oudtshoorn staan agter julle. Se as ons iewers behulpsaam kan wees.

  4. Dear ED

    Investigative Public is quite correct – they will procrastinate and prevaricate and generally f..k everyone around, and before you know it, they will be “unavailable”, having slipped out of the office leaving their unhelpful “PA’s” in charge, and off on their “hols” with a fat bonus in their back pockets.

    Someone needs to hold them accountable before they give the town the slip!

  5. Asof die Lyksbesorger en Flashy M5 Gordon nie weet wat aangaan nie
    Wag Kersop en Pelham tot Maandag, dan gaan almal weer op verlof en is onbereikbaar en as jy weer kyk is dit Feb 2012 met steeds geen hond haar af gemaak nie en die uitbuiting en ontwyking duur voort

    Ons almal weet hierdie poging om met Mogale en April te ontmoet is n totale mors van tyd maar die OBV moet te minste kan aandui hulle het ‘gepoog”

    OVB, doen dit op julle terme want die sop gaan nog lekker spat !
    Sterkte

  6. Bob and weave, duck and dive, catch me if you can, and so on and so on!.

    GO GET ANSWERS OBV – ride ’em till they account to the residents!

    It is after all OUR TOWN and NOT their private fiefdom.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s