Meer as net nog ‘n gatstorie
Dié gate wys op ‘n gróter probleem
Nuus met méning!
Klik op die advertensies
Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê
Volg OO op twitter: oudtshoorno
Oudtshoorn. 14 Februarie 2012. 09h10.
Dat die strate plek-plek letterlik onbegaanbaar is – soos dele van Oxford en St Georges, byvoorbeeld – is ou nuus.
Hierdie kraters in Buitekantstraat vat egter die koek.
Wat OO wil weet is dít:
Is daar begroot om padherstelwerk te doen?
Indien nié, hóékom nie?
Indien wél, hoekom word die strate nie herstel nie?
Kan die speaker sê?
Die munisipale bestuurder?
Die direkteur tegniese dienste?
Die direkteur finansies?
Dis ‘n vrek eenvoudige vraag.
Daarom sal dit natuurlik onbeantwoord bly.
Kan die uitvoerende verleentheid dalk sê!?
Die Beroerdpleiners is ‘n vrotsleg spul.
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn
Klik hier om op OO te adverteer
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad













DITTO !!!
OO – Is hierdie gate voldoende beskerm vir iemand wat in die nag hierlangs ry – lyk vir my nou regtig nie so nie, wie gaan daardie drom in die aand sien – pateties hoeveel eise wil die munisipaliteit nog hë voor hulle aandag gee.
Gaan kyk ook na die sypaadjie in Kerkstraat langs die NG Moederkerk waar dosyne mense daagliks stap (ek inkluis) op pad na Spar toe. Dat niemand nog daar ‘n been gebreek het nie, is ‘n wonderwerk.
Voetganger
OO. Onthou jy die padwerke wat ek ‘n week terug genoem het? wel dis nog net gate.
Dit verklaar die aangevrade X5! Die graad 6 klong was toe nie so dom nie. Hy het geweet van die tekort aan onderhoud en wou boorbereid wees. Ag het vergeet Buitekant st. is nie oppad Deyselsdorp toe nie, maar verklaar die padwerke by die afdraai na Deyselsdorp. Net jammer dit sluit nie die brug se aanloop meters van die padwerke in nie