OO Platinum
Nuwe OO-produk vir
uitgesoekte lesers en adverteerders
Nuus met méning!
Klik op die advertensies
Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê
Oudtshoorn
30 Augustus. 06h00. Skryf só in op OudtshoornOnline Platinum:
Jy betaal R100 per maand, vooruit, aan:
Brilliant Solutions
Standard Bank Current Account: 082 795 266
Branch Code: 050514
Download die betalingsbewys. (As jy die bewys direk van jou aanlyn bankdiens af stuur gaan Brilliant nie weet na watter e-posadres om OOP te stuur nie, synde daar talle subskripsies verwerk moet word.)
E-pos die betalingsbewys aan brill@willeklong.co.za van die e-posadres af waarop jy OOP wil ontvang. Brilliant gebruik slegs die e-posadres om subskripsies te verifieër.
Jy sal 5 uitgawes van OOP per week by die e-posadres van waar jy die betalingsbewys gestuur het, ontvang.
Op hierdie manier word jou identiteit beskerm, indien jy dit verkies, en weet nóg Brilliant, nóg die uitgewer wie jy is.
Rig navrae aan Francois Brill op brill@willeklong.co.za of 0765308895.
Ons sien uit om jou inskrywing te ontvang!
29 Augustus 2011. 11h30. OO loods op 1 September ‘n nuus-produk vir uitgesoekte lesers en adverteerders: OudtshoornOnline Platinum.
OOP sal eksklusiewe, indiepte analises publiseer en “die storie agter die storie” berig.
Navorsing onder gereelde en toevallige lesers het aangedui dat daar ‘n behoefte is aan die agtergrond-inligting wat OO in berigte gebruik.
Potensiële lesers het oorweldigend aangedui dat hulle “harde” nuus wil verneem en nie belangstel om berigte wat in elk geval deur die hoofstroom media aangebied word, nóg ‘n maal te lees nie.
OOP sal daarom ook politieke kommentaar van buite Oudtshoorn bevat en beloof om aantreklik te wees vir lesers wat die kind by die naam genoem wil hê.
OOP het ook noodsaaklik geword omdat ‘n bepaalde deel van OO se lesersmark die OO-aanslag en felheid van kritiek nie kan gedoog nie.
OO sal dus voortaan steeds die politieke en administratiewe geknoei op Oudtshoorn en in Eden en in die Wes-Kaap berig, maar die harde nuus, wat baie lesers afskrik, sal in OOP gepubliseer word.
OOP sal 5 dae per week in pdf-formaat aan inskrywers gestuur word.
Om in te skryf, kontak Francois Brill op 076 530 8895 of brill@willeklong.co.za.
OOP het gister ‘n komplimentêre uitgawe aan bepaalde OO-lesers gestuur. Die berig A Political Solution for Oudtshoorn, het reeds groot opslae gemaak en is tans die onderwerp van strategiese oorweging in bepaalde kringe.
OOP publiseer later vandag ‘n indiepte analise van die dwingende krisis rondom die kantoor van die munisipale bestuurder op Oudtshoorn.
Ook dié tweede uitgawe sal onder uitgesoekte gereelde lesers versprei word om aan te dui wat inskrywers van OOP kan verwag.
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn
Klik hier om op OO te adverteer
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad














OO is dit nou die nuwe manier om die gemeenskap se stem stil te maak??
Dat daar positiewe verwikkelinge is, is een ding, en dat jy aan dit onderworpe is om jou besigheid te red is die ander, maar om die werklose gemeenskap se geleentheid om te praat te elimineer is pediatries.
KwB
Nee kyk, nóú het ek áls gehoor!
OO moet békhou want OO verdeel die gemeenskap.
OO moet práát anders kan die gemeenskap nie praat nie.
Kyk, OO dwing hom aan niémand op nie!
Lees; moenie lees nie – dis jóú saak: Neem sélf verantwoordelikheid!
Ek verstaan, die terme en voorwaarde vir jou voortbestaan moet seker baie haglik wees. Nou maar dan sal jou “jhoernaluzt tick” maar vir R1200.00 per jaar moet verkoop in die kringe van die wat die finansiele voordeel uit die verlede geput het. Die doodgewone armes wie in die lokasie bly en op deernis is, sal dit nou nie meer kan lees nie. Hamba Kahle, OO. Wamkelekile OOP
KwB
Ai, KwB, ai…
OO gaan voort.
OOP kom by.
Dis presies, OOP kom by, om Klapper politiek agter die skerms te bevorder.
KwB
Kom nou, erken, jy vrek om te weet wat OOP vanoggend berig het, nè!
Sê jou wat: Skryf in vir ‘n jaar en ek gee jou twee maande verniet – R1000 vir die jaar.
(Bepalings en voorwaardes geld.)
OO, KWB se kommentaar is dalk direk op Eerw Pietersen gemik. Ek dink die man het n fout gemaak., dis nie vir OO bedoel.
Indien wel vir OO bedoel, wonder ek of sy banksake dalk ook soos menigte, beroerd”plein”,verby is, seker omdat die souskontrakte beginne opdroog het vandat SOE daar uitkamp. Vra die man asb direk oor bg.