Mpho Mogale: Waarskuwing uit Cullinan
“Oppas Oudtshoorn!”
Nuus met méning!
Klik op die advertensies
Klik hier vir advertensietariewe – en vir wat mense oor OO sê
Oudtshoorn. 15 Augustus 2011. 06h30. ‘n Leser van Cullinan, Steve Kloppers, waarsku die inwoners van Oudtshoorn in ‘n e-pos aan OO:
“Pasop julle mense in Oudshoorn!!!”
Kloppers skryf oor die ANC se keuse as waarnemende munisipale bestuurder in die plek van die ANC se munisipale bestuurder, Noël Pietersen, wat reeds op spesiale verlof is hangende ‘n SOE-ondersoek.
OO het oor die naweek ‘n e-pos aan die streeksekretaris van die ANC, Putco Mapitiza, gestuur: “Putco, you guys choose MM candidates with an instinct for the regrettable that is almost uncanny! How do you manage such sustainable folly!?”
Kloppers skryf: “Mpho Mogale was die Munisipale Bestuurder op Rayton (Nokeng Tsa Taemane NTT). In 2009 is ernstige klagtes teen hom aanhangig gemaak en hy is summier op verpligte verlof geplaas.
“Ons kon nooit die besonderhede van die aanklagtes kry nie, maar hy is vir omtrent 2 jaar op die salarisrol van NTT gehou.
“Tot en met einde van 2010 kon hulle slegs ‘n waarnemende munisipale bestuurder aanstel – ek vermoed dit is omdat Mpho nog altyd op die salarisrol was. Mpho was instrumenteel om die NTT plaaslike regering tot in die afgrond in te regeer.
“Pasop julle mense in Oudshoorn!!!”
Hier is ‘n berig van 3 Junie 2009 wat in Beeld verskyn het.
Nokeng beveel baas: Vat verlof
Cobus Claassen
Die Nokeng tsa Taemane-munisipaliteit, oos van Pretoria, het mnr. Mpho Mogale, sy munisipale bestuurder, “opdrag gegee” om verlof te neem sodat verskeie bewerings teen hom ondersoek kan word.
Amptenare van dié munisipaliteit (Cullinan, Rayton en omgewing) wat tot die vakbond Samwu behoort, het verlede week ’n raadsvergadering ontwrig en ’n lys griewe en aantygings aan mnr. Patrick Nkotoe, speaker, voorgelê.
Die raad het besluit om Mogale – gegewe die ernstige bewerings teen hom – op verpligte verlof te plaas.
Dít volg nadat die Kungwini-munisipaliteit, (Bronkhorstspruit en omgewing, wat dele van Pretoria-Oos insluit) Nokeng se “buurman”, in April mnr. Obed Maila, sy burgemeester, en mnr. Jo Gomba, munisipale bestuurder, op onderskeidelik spesiale en verpligte verlof “geplaas” het.
Die ouditmaatskappy KPMG ondersoek tans ’n lang lys aantygings van korrupsie en ongerymdhede in Kungwini.
Dié raad het sedertdien besluit om Maila en Gomba se verlof tot verdere kennisgewing te verleng en daar word sterk bespiegel dat Maila se kop binnekort kan rol.
Dit is onseker of Nokeng die aantygings teen Mogale onafhanklik of intern gaan ondersoek. Hy word glo by ongerymdhede met tenders betrek.
Mogale het nie gister op boodskappe gereageer nie.
Me. Anna Digoro, Nokeng se burgemeester, het ook die laaste tyd in onguns verval. Inwoners wat omgekrap is oor dienslewering eis al lank sy moet die trekpas kry.
Beeld het sedert 2006 berig oor die buitensporige uitgawes wat Digoro – ondanks die munisipaliteit se benarde geldsake – al vir onder meer kantoormeubels, ampsmotors en hotelverblyf aangegaan het.
’n Item wat einde April voor die Nokeng-raad gedien het, wys motorhuur van byna R30 000 word maandeliks vir Digoro betaal.
Dié uitgawe is nooit voor die Nokeng-raad gebring nie, maar druk uit opposisiegeledere het meegebring dat dit uiteindelik op ’n vergadering in April bespreek is. “Die raad het meer as R250 000 vermors,” het die DA op dié vergadering aangevoer.
’n Finansiële staat toon Nonkeng het van 29 Mei 2008 tot 3 April 2009 sowat R285 000 betaal om ’n BMW 320i en ’n Audi A4 by Budget te huur.
Digoro se ampsmotor, ’n Mercedes-Benz E200 Elegance Kompressor, is in Mei 2008 afgeskryf. Dit is onseker hoekom Nokeng nie ’n nuwe aangekoop het nie.
As Helen Zille die DA op Oudtshoorn “toelaat” om die mandaat wat die kiesers die DA op 18 Mei gegee het uit te voer, kan die voortgesette wanadministrasie – wat, volgens ‘n senior SOE-amptenaar vinniger voortsnel as wat die ondersoek kan byhou – gestaak word!
Hoe lyk dit mev Zille? Wil jy Oudtshoorn nie maar “toelaat” om homself te red nie – jý stel duidelik nie belang nie!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn
Klik hier om op OO te adverteer
Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad














Sal die besigheidskamer asseblief proaktief optree. Ek bedoel hulle ‘Partie” beleid het hulle tog in goeie stand by die heersende ANC gebring, so hulle behoort in ‘n goeie posisie te wees om Oudtshoorn se saak te stel of te ondersoek voordat ‘n verdere rondte van plundering begin.
Wie van julle,geagte lesers van hierdie blad, sal ‘n persoon met so ‘n getuigskrif as finansiele bestuurder in julle besighede aanstel? Nogals toesighouer oor ‘n belegging van R500 miljoen Anders gestel. Wie van die ANC “raadslede” sal hulle beursies vir die man gee?
kwb. Ek hoor niks?
Hoe kan ons Kiessers n mosie van wantroue in die raad, voorle? Ons het hul verkies om ons te dien nie, hul agtersakke nie en ook nie ander instansies of persoonlike leiers nie.
Elke dag wat verloop, verloor ALLE ODNners
Die DA gaan julle nie help nie
Die ANC gaan jul definitief nie help nie
Plaas druk op jul raadslede en begin vir julself en onafhanklik te dink (Hoe gouer hoe beter)
Raadslede kan bedank en ONAFHANKLIK staan in n tussenverkiesing. Bestuur dan jul dorp self !!
Die ander meer moeitevolle opsie is om n dispuut met die Munisipaliteit te verklaar en n Trust te stig en belastinggelde te HERKANNALISEER en self daaruit vir dienste te betaal
Die lyne is oop, bel NOU !!
Hier is sommige van jóú sg.dienaars se kontakbesonderhede:
Wessie van der Westhuizen:
0782869790
vernatt@gmail.com
Chris MacPherson:
0825558739
cdmac@vodamail.co.za
Ben van Wyk:
0827751495
Pierre Nel:
0732540522
julsi@telkomsa.net
Julia le Roux:
0847529574
julsi@telkomsa.net
Peter Roberts:
0828640328
plroberts@live.com
Ewa Fortuin:
0717679311
Raymond Wildschut:
0733865901
O, en…
Diane de Jager:
0825753864 – still on “holliedy”
HOE KAN JULLE TOELAAT DAT JULLE KINDERS, JULLE KOSBAARSTE BESITTING IN VOORTEKKER EN JAN VAN RIEBEECK STRAAT ‘N PAD MET VINNIGE VERKEER DEEL EN DIT OMDAT ‘TOTAL’ OP DIE HOEK MET SY 2DE HANDSE KARRE OP DIE SYPAADJIE PLAK . KRY EERS EIE HUIS IN ORDE . MAJORITY RULE DUS VERDIEN JULLE WAT JULLE NOU KRY
JA NEE SC, JY HET ‘N PUNT BEET HOOR! WENS NET JY & JOU NASIE WIL DIE BOOMSTOMP EERS UIT SY EIE OOG VERWYDER VOORDAT JY BEGIN RONDTAS OM SPLINTERS ELDERS TE SOEK GEHOOR !! AIA DIE RASSEKAART DAREM NE ?
HET ‘TOTAL’ NOU AL SY KARRE VAN DIE SYPAADJIE VERWYDER SODAT VOETGANGERS DIT KAN GEBRUIK ? WAS DIT MUNISIPALITEIT DAN WAS FOTO AL OP OO