OudtshoornOnline

Getuie stap weg van die Juthe-tugverhoor

Posted in Politiek by Red/Ed on December 6, 2010

“’n Klug!”

Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik op die advertensies

Klik hier om op OO te adverteer.

Oudtshoorn. 7 Desember 2010. 06h00. ‘n Sleutelgetuie in die tugsaak teen die geskorsde hoof behuising, Gavin Juthe, het Maandagoggend aan die saak onttrek en aan Nic Barrow gesê dat hy nie bereid is om deel te wees van ‘n “klug” nie.

Volgens die getuie is hy eers Vrydagmiddag van die tugverhoor verwittig en was die aanklaer nie vetroud met die stukke nie omdat ook hý eers Vrydagmiddag die relevante dokumentasie ontvang het.

Vroeër was daar onsekerheid oor die geldigheid van die tugverhoor omdat buite-konsultante aangestel is om die saak te hanteer.

SALGA (Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Owerheidsvereniging) se kollektiewe ooreenkoms met die vakbonde, soos vervat in omsendbrief 6/2010, bepaal dat buite-konsultante nie vir tugverhore wat na 1 Julie 2010 in aanvang neem gehuur mag word nie. Munisipaliteite moet munisipale amptenare uit eie of buur-geledere gebruik en dié amptenare moet die seniors wees van amptenare wat verhoor word.

Omdat Juthe se klagstaat op 5 Mei reeds op hom bedien is, geld die voormalige regulasies en kon die munisipaliteit inderdaad van buite-konsultante gebruik maak.

Die feit dat Juthe se tugverhoor nuut begin is het nie die nuwe regulasies afdwingbaar gemaak nie.

Tog is daar steeds ‘n mening dat die gewysigde klagstaat en die skrapping van die onvoltooide aanvanklike tugverhoor op ‘n nuwe dissiplinêre aksie dui en dus aan die nuwe SALGA-ooreenkoms onderworpe is.

Daar is ook groot agterdog oor die skielike dringendheid van die Juthe-tugverhoor.

Die oorspronklike aanklaer, Thys Giliomee, was nie beskikbaar om die oorspronklike verhoor te voltooinie en die munisipale bestuurder het ‘n nuwe voorsittende beampte en aanklaer aangewys.

Die belastingbetalersvereniging het vroeër in ‘n brief aan Pietersen gesê dat die tweede tugverhoor ‘n vespilling van belastingbetalersgeld is.

Mnr Zukile Tyatya, die senior menslike hulpbron beampte: vaardigheidsontwikkeling en indiensnemingsgelykheid, het vanoggend aan ‘n getuie vir die aanklagspan gesê dat die munisipale bestuurder, Noël Pietersen, en twee konsultante, Mervyn Doralingo en Ian Kenned, Juthe se nuwe klagstaat opgestel het en die 18 oorspronklike klagtes na 7 verminder het.

Dieselfde Kenned het as voorsittende beampte in die Juthe-tugverhoor aangestel!

Nic Barrow het net voor die aanvang van die tugverhoor ‘n sterk bewoorde waarskuwing oor prosedurele ongerymdhede aan die aanklaer, Steven Louwrens en Juthe se Imatu-verteenwoordiger, ene Olivier oorhandig en ‘n afskrif vir die voorsittende beampte, wat laat was, gelaat.

Barrow het vroeër ‘n afskrif van sy brief en relevante dokumentasie aan Pietersen oorhandig. (Sien die berig hiernaas.)

Terwyl die redakteur en Barrow op die onderste vloer van die raadsgebou op Kenned gewag het, het raadslede Wilton Kawa en Carmichael Ngalo opgedaag. Kawa het raadslid Olivier se teenwoordigheid in die verhoorsaal bevraagteken en hom uitgeroep en beskuldig dat hy met die administrasie inmeng.

‘n Kort woordewisseling het gevolg en Kawa het die redakteur ándermaal (gaap!) daarvan beskuldig dat hy nie ‘n joernalis is nie en Olivier toegesnou oor sy kenmerkende kruisbande en dat sy broek glo skeef sou sit.

Kawa se akademiese voortreflikheid – ANC bosberade – stel hom ongetwyfeld in staat om stelwerk te evalueer en sy sartoriese uitnemendheid – shorts en slops – kwalifiseer hom om Olivier se herkenbare broeke en kruisbande te kritiseer.

Die Juthe-tugverhoor het ‘n klank aan hom soos daar nie agter die abbatoir vaardig is nie.

Oudtshoorn se administrasie stínk!

En raai… niémand kan iets daaraan doen nie! Nie die premier nie; nie die LUR vir plaaslike regering nie; niémand nie!

Ons sal dit alles maar vir lief moet neem!

Se móér!

Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn

Klik hier om op OO te adverteer

Klik hier om terug te gaan na die OudtshoornOnline voorblad

9 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. Lizanne said, on December 7, 2010 at 7:51 am

    Die belastingbetalersvereniging sal indringend na die Juthe-saak kyk en dit Vrydag met die Burgemeesterskomitee opneem.
    Ek dink die munisipaliteit moet indringend notisie neem dat ‘n dispuut verklaar sal word as die munisipaliteit voortgaan om belastingbetalersgeld te wanbestuur en voortgaan met die minagting van munisipale prosedures en regulasies.

  2. KWB said, on December 7, 2010 at 9:57 am

    @Lizanne, wanneer gaan jy die lede se name en adresse proklameer. Jy veg immers vir deursigtigheid en ‘n ledelys is van kardinale belang om te wys dat OBV ‘n realiteit is, of is OBV net ‘n skaduwee. As OBV braaf genoeg is om ‘n dispuut te verklaar moet OBV braaf genoeg wees om te sê wie neem almal aan die dispuut deel.
    Die Burgemeesterskomitee moet asseblief ‘n ledelys van OBV versoek, alvorens daar met hulle in gesprek getree kan word, sodat daar seker gemaak kan word dat dit nie net ‘n eensydige groepie mense is wat tot hul eie voordeel die munisipaliteit wil kniehalter nie.
    Vryheid van spraak is aan die orde van die dag en niemand kan OBV weerhou om op te tree as hulle wil nie, maar hierdie soort bewegings kan ook vir eie gewin gebruik word en daarteen moet daar gewaak word.
    As OBV deursigtigheid soek, moet hulle ook deursigtig wees.
    Asseblief Lizanne jy sal nou jou kant moet bring.
    Khoiman!!

  3. hannes slabbert said, on December 7, 2010 at 11:06 am

    Oompie vra :Is daar in ons land nog iets soos deursigtigheid? Baie mense gebruik die woord maar weet nie at dit beteken nie.Die land se regeerders kan gerus n bietjie meer deursigtig word sodat Jan en Alleman ook sien waarmee hulle besig is.Dit lyk of daar in Oudtshoorn ook n gebrek aan dienslewering is en sommige m,ense sit blykbaar ook net in n pos om elke einde van die maand n salaris te ontvang.

  4. Nic Barrow said, on December 7, 2010 at 2:53 pm

    KWB of Khoiman – jy skryf halfpad sin en halfpad snert. Eerstens, hoekom skryf jy onder ‘n skuilnaam? Jy verwag van OBV om hulle name van die lede bekend te maak, maar jyself is te banggat om jou te identifiseer. Weet jy dat Pietersen verskeie sakemanne en vroue in die dorp gewaarsku het dat hy die Munisipaliteit se werk gaan wegneem by hulle as hulle negatiewe dinge oor hom se en skryf. Baie van hulle was te bang om hulle gesigte by die vergadering te wys. Heelwat het donasies van duisende rande onder skuilname gemaak Die spinnekop Pietersen is besig om goeie sake mense te terrioseer. In die tussentyd besteel hy en sy kaders die Munisipaliteit leeg. Kry asseblief ‘n greep op die lewe . Moet tog nie weer die rassekaart gooi nie want dan het jy verloor voor jy begin het. Nic

  5. riaana said, on December 7, 2010 at 3:01 pm

    Hoe gaan ons hande vat en dinge saam beter maak, as almal mekaar beledig en dreig? Kan ons nie almal mekaar met liefde en respek behandel en eerlikheid te alle tye toepas nie? Wonder net of dit nie is wat van Christene verwag word nie? Moet sekere munisipale amptenare dan nie juis ‘n voorbeeld wees hiervan nie? Dis jammer dat die sogenaamde leiers van ons dorp nie ‘n voorbeeld aan ons jeug (selfs ons volwassenes!) kan stel nie.

  6. KWB said, on December 7, 2010 at 3:36 pm

    @Nic Barrow: Ek het die reg om te swyg, die reg op identiteit, OO verskaf die reg op identiteit op kommentaar, nou hoekom het jy daarmee ‘n probleem??
    OBV beweeg op ‘n gebied wat gemeenskaplike insae uitlok omdat publieke deelname ‘n intrensieke faktor is van plaaslike regering, van so aard dat alles teen 2012 wyksgebaseerd sal wees. Nou as OBV ‘n wyksbenadering gehad het sou ek my bek gehou het, maar nee dit is ‘n gemeenskaplike benadering.
    As Pietersen sakemanne gewaarsku het, moet die latere seer sekerlik as hul verskil met Pietersen nie so twee gevreet “mofballe”(sic) wees ten bate van ‘n finansiële voordeel nie. [Tipies draadsitters]. Smaak my die manne het helse kontrakte of besigheid. Ek sal moet bietjie inz-o-o-m hoeveel besigheid word gegee vir Bridgton in vergelyking met Wes,Noord en Oosbank. Nic hoe kan jy sê dat hierdie sakemanne goeie sakemanne is, as hulle sulke ruggraatlose finansiële leiers is. Ek het meer greep op die lewe as jy, jy het miskien meer greep op geld as ek, maar definitief nie meer greep op die lewe nie.
    Hoekom speel jy nou die rassekaart Nic?? Is jy is ‘n loser!! nikswerd fin-pimp(sic).
    Khoiman!!

  7. Fed Up! said, on December 7, 2010 at 4:23 pm

    Khoiman,

    From where do you dredge up such bile! – you must be rotten to your core, and so badly wounded (by what pray tell us?) if all you can add in addressing and solving our community’s needs and restoring some semblance of civic control, order and trust is “smart-arse” rhetoric, mud-slinging and outdated BS!

    Please bury your somewhat blunt hatchet – its now getting very tiresome – contribute constructively and positively to the real and current issues at hand in our town – the revolution and struggle are over- let us unite and address the present and the civic standards we all aspire to.

    Blindly defending the mediocre in the face of their manifest shortcomings for some distorted political trump makes no business sense – and our town is just that, a business and should be managed a such with an unbiased responsibly to each and all of its shareholders.

    Reminding others outside of your “camp” of their individual or collective ills – past and present – doesn’t get us a better civic authority or an efficient, informed and caring management team to run our town.

    I assume that this is what you are striving for as well? – then please address the facts and the standards you feel we should aspire to and what you feel is right or wrong with the present incumbents – enter the reality of this debate!

  8. KWB said, on December 8, 2010 at 8:50 am

    @Fed Up: Are you part of the businessmen with no balls?? The composition of a sound business does not just only speak to the wealth of its directors, but also to financial integrity and sound business practice. Do you have a chain around your neck or a cane in your back (sic)???
    Please don’t go public then!!

    Khoiman!!

  9. Fed Up! said, on December 8, 2010 at 11:57 am

    Koiman

    As I suspected – just more bile and vomit!

    Shame.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.