Die impak van OO
Klein gebore; groeiende voetspoor
Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn.
Klik op die advertensies
Drewan Baird. Oudtshoorn. Dit was daardie woordkunstenaar extraordinaire, Oscar Wilde, wat gesê het: “You can always judge a man by the quality of his enemies.”
OO moet gereeld aanhoor hoe belangrik dit is om “positiewe” dinge te berig.
OO moet gereeld aanhoor dat stories oor die negatiewe goed op Oudtshoorn nadelig is…
Snért!
Daar is tans niks “positiewer” oor Oudtshoorn te sê as dat Oudtshoorn ‘n dorp is waar die inwoners gatvol is vir wanadministrasie en slapgat raadslede nie.
Daar is tans niks “positiewer” oor Oudtshoorn te sê as dat Oudtshoorn ‘n dorp is waar die inwoners só polities bewus en betrokke geword het dat sittende raadslede, en amptenare met bedroewende munisipale bestuursrekords en skrikwekkend onvoldoende kwalifikasies, in hulle broeke bewe nie.
Die voorsitter van die Nasionale Belastingbetalersunie, Jaap Kelder, versprei gereeld berigte van OO nasionaal aan sy lede.
OO se invloed strek baie wyer as Oudtshoorn.
Theuns Botha, die Wes-Kaapse leier van die DA, sê in ‘n e-pos aan OO: “Jy verdien definitief ook my respek, regtig. Ek beoordeel jou publikasie objektief en ek het werklik toegang tot vele publikasies. Jy vertel dit soos dit is en dit is jou reg en ook die publiek se reg om dit so te ontvang. Ek lees nie altyd in jou publikasies wat ek sou verkies om te lees nie maar wel wat objektief geskryf behoort te word, en dit is reg so. Politici, soos ekself, kan nooit ‘n publikasie afmaak of beledig wanneer daar objektiewe beoordeling en rapportering is nie. Die enigste billike versoek van politici behoort te wees dat die feite korrek weergegee moet word – daarin slaag OO 100%. ‘n Publikasie wat politici noodwendig pas, doen nie sy werk nie. ‘n Publikasie wat objektief en waar rapporteer, doen sy werk! As die waarheid seermaak is die fout by die een waaroor gerapporteer word en nie by die een wat rapporteer nie – vra my, ek was al baie aan die ontvang kant vir foute en flaters! OO doen sy ding vir Oudtshoorn! Miskien moet OO oorweeg om sy konsep en resep te “franchise” in SA – dan glo ek sal die waarheid hard slaan in ons land! Doen so voort! OO is goud werd vir Oudtshoorn! En ja, aanhouer wen – vra jou vrae tot die antwoorde uitgerafel is – gewone regeringsake mag nie geheime wees nie!”
Onder OO se bewese vyande tel die voorste politici – plaaslik; provinsiaal en nasionaal. Dít is opsigself ‘n aanduiding van OO se impak en en joernalistieke kwaliteit. Dat “joernalistieke kwaliteit” soos ‘n visgraat in die keel by sommige mediamense sal afgaan is ‘n verdere bewys van OO se invloed.
“Joernalistieke kwaliteit”…vreeslose akkuraatheid. Púnt!
Prof. Nina Overton-De Klerk, strategiese kommunikasie aan die Universiteit van Johannesburg, skryf op 28 November 2010 in haar repliek op Annelie Botes se kontroversiële onderhoud met Rapport se Hanlie Retief ‘n week vroeër: “Koerante se rol is deesdae nie meer net dié van ’n weerspieëler van wat hulle reken is openbare mening, of ’n naprater van magshebbers nie, maar veel eerder dié van ’n fasiliteerder (in sekere gevalle selfs ’n aktiveerder of aktivis). Hulle moet die forums en kanale vir demokratiese diskoers en debat skep in ’n atmosfeer van oopheid vir diverse en konflikterende standpunte en vryheid van spraak. Dit geld by uitstek in die wêreld van die interaktiewe media waar mediaverbruikers se stemme al hoe luider word.”
Ek herinner my die woorde van die pers-ghoeroe Piet Cillié: “In die lewe bestaan ‘n noue verwantskap tussen die gehalte van die pêrels wat jy aanbied, en die kaliber van die ontvangers daarvan. Hoe valser die pêrels, des te erger die swyne. Daarom het ek in my beroep die reël probeer volg om nie maar net aan die publiek te probeer gee wat hulle wil hê nie, maar ook ‘n goeie dosis van wat hulle behóórt te wil hê.”
Munisipale amptenare het sekere van OO se adverteerders en bepaalde voornemende adverteerders al gewaarsku – soms direk; soms by wyse van suggestie – om OO nié te ondersteun nie. Interessant.
Die voormalige “operkop” waarnemende munisipale bestuurder, Trevor Botha, het moedig gepoog om hierdie “declaration of defeat” wat deur sy patetiese kollegas gemaak is, te herstel. Helaas.
Aarde ons! Waarmee ons darem op Beroerdplein opgesaal is!
Hoe dit ook al sy, OO word geléés – deur mense van oor die ganse land; selfs deur mense wat nie toegang tot die Internet het nie en op drukstukke van die berigte staatmaak om te weet wat werklik aangaan, maar veral deur die mense van Oudtshoorn – die mense in wie se diens OO is. Onbekaamd!
O – OO word veral gelees deur daardie mense wat hoog en laag sweer dat hulle OO nié lees nie… Laat ‘n mens dink, nè!?
Laat ‘n mens ook besef dat as jy regtig jou produk of jou diens en jou handelsmerk ráákgesien wil hê deur mense met invloed en geld, jy beswaarlik nié op OO kan adverteer nie. Ongeag wat die kompetisie sê… inderdaad, verál omdát die kompetisie sê om OO te ignoreer!
Die beste manier om Oudtshoorn te bevorder is om openlik te protesteer teen onbeholpenheid en korrupsie. Word deel van die golf wat besig is om ‘n tsunami van verandering te word – lees OO; lewer kommentaar op OO; ondersteun OO!
Klik hier om ‘n e-pos te stuur sodat ‘n OO-agent jou kan kontak oor advertensies wat raakgesien word.













Dis nou die positiefste stukkie nuus oor Oudtshoorn wat ek nog gehoor het. “Wel said Mr Baird”.
Mens kannie n huis oorbou op vrot fondasies nie. Dis nou as jy die huis moet oorbou en herstel…. as jy nie n nuwe huis van vooraf kan beplan met sy eie fondasies nie.
So as jy dus WEET die fondasies is vrot… wel dan kan jy hulle tenminste herstel voor jy die nuwe fasade oprig.
En dis wat OO hier vir ons se. Die bouers van die nuwe munisipaliteit, die kiesers, WEET hoe vrot die huidige raadslede is en hoe hulle toelaat dat daar soveel wanadministrasie onder hulle neuse plaasvind. Hierdie WETE van die kiesers en dat hulle gatvol is, is die positiefste nuus in n lang tyd. Nou sal die kiesers ten minste behoorlik beplan en sorg dat ons in die komende munisipale verkiesing n nuwe fondasie kry vir Oudtshoorn.
Nuwe raadslede en nuwe bekwame/eerlike amptenare. Jipeeee!!! Ons vorder!!!