Reklame in die 2010’s
Dit gaan oor aandag. Punt.
Weet wat werklik aangaan; weet 1ste!
Klik hier om ‘n e-pos te ontvang wanneer daar ‘n nuwe berig op OudtshoornOnline verskyn
Klik op die advertensies
‘n Reklame-artikel.
Drewan Baird. Oudtshoorn. 12 Julie 2010. 06h00. Die slim manne en vroue met die dik brille en die pienk sokkies en die wit jasse reken dat dit vandag oor “aandag” gaan in reklame.
Dis eenvoudig net nie meer goed genoeg om te “adverteer” nie.
Om ‘n suksesvolle onderneming te bedryf het jy aandag nodig. En as jy daai aandag eers hét, dan moet jy dit behóú, want dit kos geld – báie geld – om die aandag te kry, en dis áándag wat profyt maak!
Om aandag te trek moet jy rêrige skerp idees hê en moet jy innoverend wees. Jy moet nuwighede kan bedink! Tot sommer nog nou die dag toe nog kon jy aandag trek as jy ‘n advertensie, wat jy dalk selfs ten duurste by ‘n voorste agentskap laat maak het (of dalk sommer deur die koerant laat saamflans het – aggenee!), oor en oor en oor en tot vervelens toe herhaal het in elke tydskrif en koerant en op elke plek denkbaar.
Die vraag is nie of dit dalk tog ten minste gewerk het nie, die regte vraag is wat ‘n alternatiewe strategie sou kon vermag het – ‘n veldtog wat ‘n bietjie meer werk gekos het en ‘n bietjie meer dink geverg het en dalk heelwat goedkoper sou gewees het…
Die advertensies het natuurlik ‘n helse klomp geld gekos en almal wat help skreeu het dat jou produk beflip is het about so veel geld gemaak as jy – aan wie die geld eintlik toekom!
Reklame – om iemand te oortuig dat jóú produk presies is wat hy of sy eenvoudig móét hê – is onherroeplik verander.
Om vandag – in die 2010’s – aandag te trek, moet jy in their face wees… sónder dat hulle dit agterkom. Jy moet finesse hê. Jy moet vernuftig wees. Jy moet jou teikenverbruikers taktvol tussen die oë tref. Jy moet “opdaag” op onverwagte plekke. Jy moet raakgesien word waar jy nie verwag word nie.

'n Onlangse advertensie vir gebruikte BMW's. Dit het 'n korrespondent, 'n vroulike akademikus van UNISA, laat opmerk: "BMW het terselfdertyd vroue en BMW-bestuurders beledig." Maar die aandagvraatsigheid van hierdie advertensie is verseker!
‘n Mediakenner sê: “If your brand is not in their face they won’t come looking for you.”
Inderdaad.
Byvoorbeeld – as jy jou nuwe bakkies wil laat uitstaan, is ‘n motorblad die lááste plek om te avderteer… jou kompetisie doen dit en daarom moet jy dit nié doen nie! Adverteer ‘n week láter en wees die enigste bakkie-advertensie.
Jy moet verstaan presies wat individue motiveer. Hi-tech het plek gemaak vir skerp-tech. Jy moet skerp wees! ‘n Gastehuis wat derduisende spandeer om onder die eerste vyf van ‘n Google-soektog te wees mors geld want sy vernaamste kompeteerders doen dit óók. Dieselfde geld vir daardie péperduur gastehuis-glansgidsies wat glo die besprekings laat inrol. Dit mag so wees, maar is die profyt van hierdie bednagte méér as die koste van die advertensie?
Is dit?
Dit kos dus derduisende om saam met jou vernaamste kompetisie gesien te word – nié baie skerp nie!
Trek eerder die voornemende kliënt se aandag vóórdat sy begin Google… en dit kán gedoen word. Die suksesvolle bemarkers doen dit lankal.
Voordat jy vandag “ê ” sê het iemand wat eintlik jóú produk moes gekoop het die geld al op iets anders spandeer – iets wat dalk nie eens met jou produk meeding nie – en die geld wat eintlik in jóú sak moes wees op iets ánders uitgegee. Mense is besig om geld wat jóú toekom op ánder goed te mors!
Want hulle aandag word afgetrek! Dis TV! Internet! Radio! Selfone! Telefone! Sms’e! Multi-media! Winkelvensters! Koerantplakate! Billboards! Moewies! Tydskrifte! Koerante! Iemand wat by die verkeerslig aan jou venster klop! Stempos! E-pos! Body billboards! Nuusbaniere! Almal skreeu in die dolle gejaag na omset en die hoogste moontlike profyt!
Jý moet áándag trek!
Met beelde én met woorde.
Onthou – en dít is báie belangrik! – dat selfs gebare en innuendo en beelde net verstaan word as jy wóórde daarvoor het…
En jý moet die woorde óók verskaf – jý moet bepaal wát die beeld, die pragtige foto, vir die teikenverbruiker sê.
Daar ís beter woorde as die gewone voor die hand liggende geykte woorde. Báie woorde. Woorde wat aandag trek. Woorde wat rig. Woorde wat profyt word.
Dis nie grootte en aanhoudendheid wat aandag trek nie, dis skerpsinnigheid wat aandag trek.
Praat met kundiges en maak jou reklame skérp vir minder. En sorg dat die plasing van jou boodskap óók aandag trek: Sit jou produk en jou diens en jou brand onder die neuse van mense wat dit kan bekostig, want, wragtagwaar, om te bemark onder mense van wie 90% jou nie kan bekostig nie, is eenvoudig stoepit.
Adverteer eerder mínder, maar op die regte plek…














leave a comment