Politieke masturbasie
Dorfling onderneem om Koegelenberg en Nel
in hulle poste te herstel
Klik op die advertensies
Oudtshoorn. 23 Oktober 2009. 15h06. In wat slegs as politieke masturbasie beskou kan word het die DA-verwerpte DA-gesteunde burgemeester van Eden, Leon Dorfling, vanmiddag in ‘n gesprek met die Wes-Kaapse DA-leier, Theuns Botha, onderneem om Johan Koegelenberg en Emor Nel in hulle Eden Mayco-poste te herstel.
Wat het die afgelope 23 dae gebeur!?
Botha het op navraag gesê dat hy later vandag ‘n persverklaring oor Eden sal uitreik.
OO kan maar net hoop dat dié verklaring ten minste die volgende aspekte sal dek:
1. Wat het Koegelenberg en Nel die afgelope 23 dae gedoen – terwyl hulle nié op die Mayco gedien het nie – wat hulle bevoeg maak om die Mayco-poste te beklee waarvoor hulle op 30 September nié bevoeg was nie!?
2. Wat laat Botha dink dat hy Dorfling as alliansievennoot kan vertrou as Dorfling die alliansie eers breek; dan herstel? Al wat Dorfling vanmiddag reggekry het is om bo alle twyfel te bewys dat hy en sy eenmanparty (of, soos “Martiens” meer tereg opmerk – sy twee-manparty) die DA aan die kort krulhare beet het en die DA rondswaai soos ‘n klimtol met ‘n lekker stywe lyn.
3. Het die DA Mayco-lede en die DA speaker van Eden al bedank, soos wat Botha verlede Vrydag beveel het!?
OO meen van nee, want die DA-lede wou nie die rug draai op daardie souserige Mayco-salarisse nie. Wat sê hierdie blatante veronagsaming van Botha se instruksies oor Botha se beheer oor sy eie Eden-raadslede?
Om te dink die DA het die verwaandheid om die OD-leiers daarvan aan te kla dat húlle nie beheer oor húlle raadslede het nie!
4. Hoe kan die DA Dorfling as alliansievennoot neem nadat dit sedert 30 September, toe Koegelenberg en Nel afgedank is, onteenseglik bewys is dat Dorfling die mense van Eden bykans R130,000 skuld? Wat gaan die DA doen om te verseker dat Dorfling die mense van Eden se geld terugbetaal? En kan die DA die kiesers verseker dat sy alliansievennoot hulle geld nie wéér in die toekoms sal “leen” nie?
Die enigste party wat hierdie vergrype van Dorfling ernstig opgeneem het, is Nic Barrow. Barrow het Dorfling se regskuld en skuld vir brandbestrydingsdienste blootgelê en beide tyd en geld spandeer om stappe in aanvang te laat neem.
Wat het die DA en die ANC en die NPP en die OD en Icosa oor hierdie wanbestuur van Dorfling gedoen? Níks! Náda! Hulle het so effentjies keel skoongemaak… maar dit gaan oor kroonjuwele. En ons almal weet wie hét kroonjuwele hierlanges in Eden en op Oudtshoorn en wie nié. Of hóé?
OO kyk met leepogies vol reikhalsende afwagting uit na Botha se persverklaring.
Kom nou, Leon! Kom nou Theuns! Julle hou ons mos nou vir die gek!














BARON, DAAR IS N PRAGTIGE LIEDJIE OM HIRIE MASTURBASIE TE BESKRYF———-”GAMES PEOPLE PLAY”!!!
KRY VIR JOU DIE BOEK ”MONEY, SEX AND POWER” –DAN SAL JY VERSTAAN!!
DIS HOEKOM DIE WERELD IN ”BABELSE VERWARRING ”RONDVAL MAAR NIE BESEF DAT HULLE EINTLIK IN DIE ”VARKHOKKE” VAN SODOM EN GAMORRA” VASGEVANG IS NIE!!!!!!! ONS SAMELEWING IS VERROT MAN! ONS LEEF IN N ”ORGIE VAN SKANDE”, EN DIE MENSE VAN WIE JY DIT DIE MINSTE VERWAG SPEEL DIE HOOFROLLE!!!!!!!!!!!!
BERGE VAL OP MY! HEUWELS BEDEK ONS!—— DIE WANHOPIGE UITROEPE VAN VERLORE MENSE BY DIE WEDERKOMS VAN ONS VERLOSSER EN HEER!
EN DIE EWIGE GEWEEN EN GEKNERS VAN TANDE! EISH!
WAAROM KAN ONS NIE FONDS BEGIN, BARROW ONDERSTEUN EN HIERDIE MENSE HOFTOE VAT AS HULLE GELD “gesteel” HET NIE.
-KOM ONS MAAK VOORBEELD VAN DORFLING,GEE HOM GOED PAK -DAN SAL ANDER LUISTER EN 2 KEER DINK!.
OPENBARE VERGADERING
GASSPREKER LEON DORFLING
ONDERWERP
HOE OM JOU NAAM GAT TE MAAK
ORGANISEERDER EN GASKUNSTENAAR
THEUNS BOTHA
TOEGANG GRATIS. SILVER BYDRAE TEN
BATE VAN BRANDWEERFONDS
Náááis!
Red
So pas uit die perd se bek verneem dat Koegie en Emor terug is en dat die vredespyp tussen Dorfling en Botha gerook is. Wonder net wat was die belofte wat nou gemaak moes word om die DA weer in die stoele te kry!
Inderdaad, Martiens!
Ek skryf tans die berig wat later vanaand sal verskyn.
Vredespyp?
Yeah. Right.
Red