Nie te vrot nie!
Ons is darem nie té vrot nie, gehoor!
Ons is eintlik blêddie góéd!
Klik op die advertensies
Oudtshoorn. 10 Oktober 2009. 00h01. Desnieteenstaande die trauma van Woensdagaand kon OO darem heimlik skaterlag van selfs net ‘n paar minute van Donderdag se vergadering van die finansiële portefeuljekomitee.
Die voorsitter, raadsheer James Swigelaar, het verklaar dat Oudtshoorn se finansies “kerngesond” is.
Kérrrrn-gesónd!
Nou ja toe.
Daar word verkéérdelik berig – verrrrkééérdelik! – dat Oudtshoorn R84m geskuld word!
Oudtshoorn word net R49m geskuld!
En ‘n lekker handeklap van die vloer af!
Berge val op ons; heuwels bedek ons!
OO dink onwillekeurig aan iets wat dr Paul Bodenstein (NP, Rustenburg) op 23 Maart 1975 in die destydse Volksraad gesê het, ter verdediging van Suid-Afrika se telefoondiens: “I say this catergorically. The service we receive in this country is not the worst in the world.”
Ons is nie pampoene vir R84m nié. Issie! Ons is paw-paws vir R49m! Sou whê!
Patéties Piketberg. Vrótslég!
Dís kommunikasie ala Oudtshoorn munisipaliteit: Maak “feite” bekend wat later blink gepôliesj effe beter lyk en sê whê! – julle was tog verkéérd! Whê. Whêlakapêla!
Patéties Piketberg. Vrótslég!
Oudtshoorn vorder tans maandeliks 96% van sy debiteureskuld.
En ‘n lekker handeklap van die vloer af!
Noddy badges vir almal. (Die Krugerrande is nog soek.) Omdat hulle hulle wérk doen!?
Patéties Piketberg. Vrótslég!
Die vergadering het gehoor dat die burgemeester ‘n brief van danksegging aan die voormalige waarnemende hoof finansiële beampte, mnr Tinus Matthysen geskryf het… vir Matthysen se gewaardeerde werk.
En ‘n lekker handeklap van die vloer af!
So lief as wat OO vir woorde is, is OO woordeloos oor dié brief. Wóórdeloos!
Dis nou dieselfde burgemeester wat vir “Noëlie” Pietersen ‘n prestasiebonus laat kry het ‘n paar weke voor hy uitgeskop is.
Burgemeester, jý – ‘skúús! – ú, ú is ‘n paloeka.
O, die nuwe waarnemende hoof finansiële amptenaar, mnr Arnold Bredenhann, het die vergadering ingelig dat munisipale rekeningkunde “kompleks” is.
Sulke vlymskerp, penetrerende insig wat tot op die been van komplekse enigmas sny laat OO altoos met ‘n knop in die keel. Iemand wat só kan raakvat met breinfunksie wat ‘n skandeerder se circuits kan fuse is presiés wat Oudtshoorn nóú nodig het!
Nóú verstaan die onredelike mense van Oudtshoorn. Jammer, gehoor!
Dis moei, dis moei, dis moei…lík.
Hier’s ‘n wenk: Kry mense wat die jop kan doen!
Die finansiële state vir 2008/9, wat einde November gereed sou gewees het vir oudit, sal nou eers teen 15 Desember gereed wees. Verséker!
Daar was nie spontane applous op dié nuus nie. Ook nie geforseerde applous nie.
OO is toe maar daar weg wat.
Die mense wou dan nie meer hande klap nie.














Is julle nie almal al gatvol en moeg vir hierdie ou se weersinswekkende, verstandsverstommende negatiewe blik op die lewe nie. Met hom sal die Springbokke al hulle games wen, maar nooit ‘n reeks nie. Lag ‘n bietjie mnr Baird!!!!!
Is daar nie dalk R35mil afgeskryf as slegte skuld nie ? Ek onthou nog hoe daar sommer
R58mil oor n’ tydperk van 2 jaar afgeskryf is sonder dat dit eers in die media genoem is ,kyk maar na die notules.
Ek lag gereeld en hard en lank, Wondermaarnet… het jy dan nie die berig gelees waarop jy kommentaar lewer nie!?
Red.
En daar sit Wondermaarnet binne innie bollie. Hy’t die pot totaal misgesit!!
Hoe wéét ‘n mens van afgeskryfde gelde en jy laat dit by jou verbygaan, sonder om dit self uit te trompetter mnr Retief? Is dít hoe raadslede ge-opperate het voordat OO op die lyn was? Dáái notules kan dalk baie interessant wees.
WONDERMAARNET–MENSE SOOS JY BEKOMMER MY, WANT SIEN MENEER, DIE ONBEVOEGDES EN BEDRIEERS ‘LIKE’ MENSE SOOS JY.
DIE FONDSE WAT SO LEKKER VERMORS EN AFGESKRYF WORD IS DIE SWAARVERDIENDE GELD VAN EERLIKE HARDWERKENDE MENSE, WAT , SOOS DIT NOU DIE GEVAL IS VIR DIE MENERE EN DAMES SE ONBEVOEGDHEID MOET BETAAL.
SIEN JY WAAR ESKOM TARIEWE HEENGAAN? SKYROCKETING HIGH” !!!!!!!! HOEKOM??? TOTALE ONBEVOEGDHEID MENEER!!!!!!!!! JY SIEN, DIS MAKLIK OM N TERRORIS EN N BETOGER TE WEES, MAAR AS DIT BY WERK EN GESONDE BESIGHEIDSBEGINSELS KOM, VAL DIE MENSE HEEL UIT DIE BUS!! EN ——-MOET ASSEBLIEF NOU NIE WEER APARTHEID DIE SKULD GEE NIE MENEER, ONS IS AL MEER AS 15JAAR IN DIE DEMOKRASIE IN!!!!!!!!! EN———-????????? WAT SIEN JY WAT POSITIEF IS??? WAARMEE WIL JY SPOG MENEER????????? MET WIND?????????? KOM NOU MAN, WORD ASSEBLIEF WAKKER EN GOOI JOU OOGKLAPPE WEG, HAAL SOMMER DIE RASSE-DONKERBRIL OOK AF EN GOOI DIT OOK WEG![AS JY EEN DRA] ONBEVOEGDHEID PAS DIE HUIDIGE REGERING SOOS N HANDSKOEN—WANT SIEN DIE LEUSE IS MOS–HOU JOU HAND IN DIE GELDLAAI EN SKEP, AS HULLE JOU UITVANG BETAAL ONS JOU N PRESTASIEBONUS EN VERPLAAS JOU STILWEG NA N ANDER ”TILL”, ”SO DO’NT WORRY MAN, BE HAPPY”!!!! ”BIG BOSS” IS ON YOUR SIDE!
Hello Liegvlieg,
Ek sal jou graag wil antwoord, maar jy skryf onder ‘n skuilnaam – hoekom?
Nico ek hoor dat Eskom beplan om vir die volgende 3 jaar verhogings van 40 % plus te vra, in ruil kry die belastinbetalers 100 eenhede gratis per maand, so die mense wat daagliks hard moet swoeg vir hulle daaglikse brood subsideer alweer die wat nie werk nie, lyk my ons moet maar almal by die huis gaan sit, allpay trek en gratis dienste kry, lekker Suid Afrika
Shame on jou ,LADY MAYORESS!!!