Dorfling wys ons ‘n “Noël”
Dorfling wys die mense van Eden ‘n “Noël”
Hy verloor sy hofsaak; óns moet betaal!
Klik op die advertensies
Oudtshoorn. 3 Oktober 2009.17h00. Eden se burgemeester, Leon Dorfling, meen die distriksmunisipaliteit moet vir sy vloermoere betaal. Nés Oudtshoorn se voormalige MB, ds Noël Pietersen.
Nadat Oudtshoorn se munisipale rotvanger, Nic Barrow, Dorfling Vrydag skriftelik gekonfronteer het oor R90,247.97 wat hy in regskoste verskuldig is nadat hy verlede jaar ‘n Hooggeregshofgeding teen Eden met koste verloor het, het die burgemeester aan Die Burger gesê dat Barrow “oningelig” is.
Dorfling meen dat hy as burgemeester “wetlik onvoorsiene uitgawes soos regskoste” kon aangaan. Hy hoef dus nie self die regskoste te betaal nie.
Nè!? Onse Noëlie het óók gemeen sy posisie maak hom onaantasbaar toe hy Oudtshoorn se belastingbetalers vir sy eie regsgedinge laat betaal het. Barrow het Noëlie begrawe en Barrow het sy manelpak aan vir Dorfling.
Raadslid Johan Koegelenberg het Dorfling, in die week nadat Dorfling hom as voorsitter van die finansiële portefeuljekomitee aangestel het, oor dié regskuld gekonfronteer. Dorfling het tóé geweet hy moet opdok en Dorfling weet dit nóú ook.
Die Wes-Kaapse DA-leier is Maandag op George en het in ‘n gesprek met Barrow aangedui dat as die aanklagte teen Dorfling korrek is, die burgemeester se tjank afgetrap sal word.
Gaan Dorfling dan weer die ANC ondersteun? Dorfling se manteltjie is al so na die wind gedraai dat die stukkie lap verflenter om sy enkels wapper. Die keiser is poedelnakend kaal. G’n wonder oor die “Noël” nie.
OO kon nie onmiddelik bevestig dat Kaa-lie-fô-nee-haa se goewerneur, Arnold Schwarzenegger, die politiek gaan los om nog ‘n moewie te maak nie… Terminator V: Razing the Rats of Eden… in the future there will be only barrows*.
*Barrow, n. (archeology) a heap of earth placed over prehistoric tombs.
Klik hier om nog ‘n berig te kies














Dis ‘n groot troos om te weet dat daar nog Johan Krieglers en Nic Barrows is in hierdie wonderlike land van ons, wat bereid is om te “fight” vir geregtigheid.
PIETER, MY VRIND, JY HET VAN KOEGIES VERGEET!!!! WATCH HIRIE BOETIE MY MATER!!