Nic Barrow: Hier’s dit!”
Nic Barrow:
”Hier is Francois Barnard se opdrag…
en wáár’s die Hugo Naudé? ”
Klik op die advertensies
Oudtshoorn. 28 Julie 2009. 11h05. Nadat Oudtshoorn se redestoker, mnr Nic Barrow, gister onderneem het om mnr Francois Barnard – pas aangestel om bepaalde forensiese ondersoeke in die munisipaliteit te doen – se opdrag met OO se lesers te deel, het hy die dokument pas beskikbaar gestel.
“Mos gesê ek gaan die verslag in die hande kry. Hier is dit nou! Wat se julle beesblase nou?”, wou Barrow speels weet.

En dan voeg Barrow by: “Daarby saam is ‘n ongelooflike waardevolle olieverfskildery deur Hugo Naude ook nou soek. Ek het dit self gesien in die kantoor van daai geval Scheepers wat ons administrasie kom opmors het. Ek ken die waarde van Suid-Afrikaanse skilderye en dat hierdie Kaapse toneel meer as ‘n miljoen rand werd is.”
En dan nog ‘n skok: “Net vir die rekord – dis 29 goue Krugerrande wat “missing” is uit die kluis van die Munisipaliteit.”
Hieroor – oor die vermiste Krugerrande – het OO op 1 Julie berig… maar niemand in die munisipaliteit het eers gereageer nie. En dis nou nie dat hulle OO nie lees nie, gehoor!
Klik hier om nog ‘n berig te kies












Dankie Nic!!
Nic jy is ‘n doring. Jy moet aanhou!!
wow.
iets van “it never rains,but pours”
Die grootste fout wat Oudtshoorn se mense nou kan maak is om die druk te laat vaar.
Julle moet julle administrasie onder druk hou om in die openbaar te werk.
Dit smaak my en my maters hier ini Kaapse middestad dat hier ‘n lelike “toneel” geskilder word.
En waarvoor het die Oudtshoorn munisipaliteit 28 Krugerrande gehad?
Munisipaliteite kan slegs Krugers aankoop om as beloning vir lang dienstermyne toe te ken. Hulle moet aan die begin van die jaar bepaal hoeveel hulle nodig gaan hê en dit dan aankoop – nie meer as nodig nie!
Hoekom het die Krugers in die kluis rongelê? Hoekom was daar “voorraad” van Krugers?
Liesel le Roux van Die Hoorn het in opvolging van my vroeëre berig, die Hugo Naude skildery in ‘n kluis in die Munisipaliteit opgespoor. Ek is verheug aangesien dit ‘n besonderse kunswerk is. Nou wonder ek hoekom ek so lank moes wag vir ‘n antwoord.
Sover as wat die opdrag aan Francois Barnard betref die volgende: Daar was in die Herrie ‘n advertensie wat gevra het vir iemand wat “‘n forensiese ondersoek na beweerde nie-nakoming van wetgewing en regulasies” moes doen. Hierdie advertensie is baie kripties en verskil hemelsbreed van die raadsbesluit wat weer in KOMITEE (agter geslote deure) geneem is. Vergelyk dit maar self. Feit van die saak is die detail is weer van die publiek weerhou. Hoekom?
Wessel, ek het dit al vir jou gesê en sê dit weer – in al my optredes (so glo ek) het ek nog altyd die bal en nie die man nie gespeel. Dit gaan elke keer oor die saak. So het ek vir Pietersen, Matthysen, Swartbooi en andere hanteer. Ek het regtig niks persoonliks teen jou nie – inteendeel ek dink jy is ‘n “nice guy” en heeltemal bevoeg om Oudtshoorn uit sy gemors te haal. Ek wonder net hoekom dit so moeilik in die Oudtshoorn raad gaan om deursigtige bestuur toe te pas. Ek meen, dink jy en die raadslede nie daar sou heelwat “jam” op julle brood gesmeer word indien die inwoners kennis sou neem dat daar uiteindelik teen korrupsie ondersoek ingestel word nie? Die Oudtshoorn munisipaliteit en raad moet nog baie gaan leer oor “bemarking”. Die geheim is om die “onderdane” ingelig te hou oor sake wat hulle raak. Dit is niks minder as reg nie.
LAASTENS ‘n vraag wat ek self sal vir antwoord is die volgende: Sou die inhoud en bevindinge van Barnard se verslag ooit bekend gemaak gewees het? NOOIT!
Dis een van die dae Klein Karoo Klassique en gaan ons almal lekker saam kuier. Die uitnodigings na jou en Raadslede is amper oppad. Groete Nic Barrow.
O nog iets. So van Matthyssen gepraat. Kyk hy het die geld en oorbetaling gemagtig vir die onwettige EISE – dis nou die een vir huisvesting en die ander een vir regskoste wat Pietersen gesteel het en waarvoor hy geskors is. Nou vra ek vir julle: Was Matthyssen nalatig ofhet hy dit met die nodige kennis (opset) gedoen? In beide gevalle moet hy geskors word en indien hy medepligtig was, soos wat ek glo hy was, is hy mede skuldig aan bedrog. Hierdie is nou sonder die ander dinge en spesifiek die dubbele eis vir waarnemingskoste wat hy ingestel het en wat aan hom uitbetaal is. Hierdie is plein bedrog. Wessel Rabbets het aan my bevestig dat Matthyssen die geld terug betaal het nadat ek hom uitgevang het. Matthyssen moes al lankal geskors gewees het en moet hy gaan “bandiet”. Hulle gaan sy hare met ‘n Minorablade kam. Net vir die rekord – Thembani Gutas is volgende in my vissier.
Nic, in sport en drama speel sommige mense vir die skare en die gehoor ander speel om die wedstryd te wen. Besluit self vir wie jy speel.
Oeeeeeeeeeeps !!!! Daar trap die MB met albei voete binne-in die dinges. Sedelessie nommer 1. Tel tot by tien voordat jy reageer! Sal iemand asb die MB se speelgoed vir hom terugplaas in sy speelraam. Dankie.
Beste Wessel,
Die meeste van ons, myself ingesluit, speel om te wen. Indien die skare dit geniet is dit ‘n bonus.
Soos jyself weet is die enkele aspek hier ter sprake die uitroei van korrupsie en die daarstel van effektiewe en deursigtige bestuur. Niks meer en Niks minder nie. Jy sit in ‘n warm stoel met ‘n vergoeding van bykans R1 miljoen per jaar en moet besef dat jy en ander deur dieselfde vergrootglas geneem gaan word as jou voorgangers. Dit is niks minder as “fair” nie. In die hele proses sal ek my bes doen om my oë op die bal te hou.
Ons gun jou jou gulhartige vergoeding maar dink dis niks minder as reg as die belastingbetalers op hoogte gehou word van sulke kritiese sake soos wat tans ondersoek word nie. Die regte ding sou gewees het, nadat Barnard aangestel was, dat daar ‘n persverklaring daaroor uitgereik moes gewees het en mense uitgenooi moes gewees het om met getuienis voorendag te kom. Daar is nie ‘n ander WAY nie.
Wessel, eintlik speel ons vir dieselfde span. Jy kan die Kêppie wees en ek sal die lemoene aandra. Luke Watson moet net nie in ons span wees nie.
Vriendelike groete, Nic.
Mnr Barrow, hoeveel mense het al in die verlede gevra hoekom Pietersen se dienste be-eindig is vir wanadministrasie en bedrog terwyl Matthyssen skotvry rondloop. As Hoof Finansiële Beampte was dit tog sy plig om uitgawes te kontroleer en betalings te magtig.
Die vraag op almal se lippe is hoekom Matthyssen nie ook geskors is nie, of weet hy dalk te veel dinge wat ander kan benadeel.
Oor die geld wat Matthyssen aan homself toegeken het en wat hy later terugbetaal het, verander nie aan die feit dat hy bedrog gepleeg het nie, gaan die Munisipaliteit dieselfde optree as ‘n ander amptenaar steel of iets vir homself toeken en as hy uitgevang word dit later terugbetaal of teruggee.
In ons demokratiese land waar almal gelyke regte het is dit mos die regte ding dat wat vir Matthyssen geld ook vir Pietersen moes geld. As daar nie teen Matthyssen opgetree word nie hoekom is daar teen Pietersen opgetree.
Nic die publiek ondersteun jou heelhartig dat hulle wil weet wat gebeur tans om die korrupsie en wanadministrasie te ondersoek en die skuldiges aan die kaak te stel.
Verder is dit belangrik dat Francois Barnard die publiek die geleendheid moet gee om te getuig en moontlik ander korrupsie en wanadministrasie onder sy aandag te bring.
Beste Wessel,
Nog iets – Ek sou dat hierdie ondersoek in die openbaar plaasvind sodat inwoners en die pers kennis kan neem van wat beweer word. Indien nodig moet alle getuies getoets word onder kruisverhoor. Ek dink dit sal die heel beste ding wees. Ek laat die aangeleentheid egter in jou bekwame hande, en sien uit na die uitslag (wat hopenlik openbaar gemaak sal word) en die optredes van die Raad daarna.
Vriendelike groete Nic Barrow
Nic, Jy mag maar voortgaan. Dit is regso!
Ek wil saam met Hikkie stem dat die MB met sy voete behoorlik in die dinges getrap het en nog kaalvoet ook daarby.
Wessel mens soek nie met ‘n leeu moelikheid as jy kwaad is nie, want dan kom jy net tweede, vra maar vir al jou voorgangers wat vir master Nic wou aanvat as hulle kwaad en vererg was, hulle het die slegste daarvan afgekom.
Wessel wees dankbaar as jy vir Nic sien en van hom hoor, as hy stil is dan moet jy bekommerd wees want dan is hy besig met ‘n ding, want sien Nic slaap nie en hy laat nie ongeregtigheid toe nie, as hy iets wil weet dan vind hy uit en hy roer die pot totdat hy tevrede is dat dinge reg is en heeltemal reg, nie halfpad reg nie.
Ek het eendag ‘n Amerikaanse spotprentjie gesien van twee buffels wat vir twee Indiane staan en kyk terwyl hulle die reëndans doen.
Die een buffel wou hom vererg toe die ander een saggies aan hom fluister “Vince don’t let them draw you into their kind of fighting.”
Miskien, net miskien is daar iets te leer uit hierdie spotprentjie.
Ek het nou net die geleentheid gehad om in gesprek met Francois Barnard te tree. Ek “ken” hom al ‘n rukkie aangesien hy een van die huise destyds by Riempie Village gekoop het. Net vir julle inligting – sy kwalifikasies is as volg: BProc BCompt(hons) CA (SA) – hy is ‘n geoktrooieerde rekenmeester met jare se ondervinding. Ek het hom ‘n paar dokumente oorhandig en soek ook na nog ‘n klompie. Ek glo hy sal die ondersoek behoorlik doen.
Ek sê nog steeds, die mense daar buite en moontlike getuies weet nie van sy aanstelling en opdrag nie en sal indien hulle oor bewyse beskik nie eens weet hoe en waar om hom te kontak nie. Kom ons neem nou die geval – Mev Zondagh – wat jare der jare diens gehad het en onder Matthysen gewerk het. Sy het op die dubbele eis afgekom en hom daaroor gekonfronteer waarop hy (‘n paar deure afgeskop het en) nie haar kontrak hernu het nie. Hy het Pietersen se suster in Mev Zondagh se pos aangestel. Nou vra ek julle met trane in my oë – hoe sal Mev Zondagh en moontlik baie ander van hierdie ondersoek weet? Ek vra maar net? Vriendelike groete Nic
Wel, mnr Barrow, jy het meer reggekry as OO! Barnard wou nie met OO praat nie.
Mev Zondagh se geval is ‘n besonderse goeie voorbeeld van iemand wat inligting het en baie moontlik nie eens bewus is van Barnard se ondersoek(e) nie.
Hoeveel ander “mevroue Zondaghs” is daar dalk op Oudtshoorn – én elders! – wat oor tersaaklike inligting beskik wat Barnard in die uitvoering van sy ondersoek(e) kan help!
OO het ‘n volledige verslag van mev Zondagh se getuienis máánde gelede – voor die huidige MB se aanstelling – reeds tot die beskikking van senior DA politici gestel…
Die openbare oog is die belastingbetaler se enigste waarborg op deurtastendheid wat volhoubare oplossings baar. Barnard se ondervraging moet bedryf word soos die Amerikaners se “Senate hearings” – in die skrille lig van die media. Niemand behoort belang te stel in amptenare en raadslede wat ondersoek word se persoonlike en private sake nie – hulle klererekeninge en eetgewoontes nie. Selfs hulle selfoonskuld is van geen belang nie – behalwe die selfoonskuld wat hulle as amptenare of raadslede van die munisipaliteit eis.
Niemand hoef in die verleentheid gestel te word nie. Maar as ‘n amptenaar ‘n aanstelling gemaak het, byvoorbeeld, wat nie goedgekeur is nie, dan moet Oudtshoorn se mense daarvan weet – dadelik weet!
Die satiriese Romeinse digter, Juvenal (Decimus Iunius Iuvenalis) het waarskynlik eerste met hierdie bekende retoriese vraag geworstel: “Quis custodiet ipsos custodes?”, of “Wie sal die wagters oppas?”
Ons moet die wagters self oppas. En ons kan dit net doen as ons wéét!
Red
EK IS STOMGESLAAN, MAAR BAIE TROTS OP ONS DORP SE ”BULL TERRIER.”