Wie stel Oudtshoorn éérste?
Ons moet na onssélf omsien!
Klik op die advertensies
Oudtshoorn. 7 Julie 2009. 11h13. Alliansiepolitiek was verantwoordelik vir een van Oudtshoorn se grootste politieke skandes ooit toe raadsheer Pierre Nel op 17 Februarie 2007 deur die DA se federale uitvoerende komitee uit die party geskors is. Nel het tot voordeel van Oudtshoorn – maar tot die nadeel van die Wes-Kaapse DA se brose alliansie met die OD – gehou by die besluit van die Oudtshoorn DA-koukus wat op 26 Januarie ‘n mosie gesteun het dat mnr Jeffrey Swartbooi van sy amp as burgemeester van Oudtshoorn onthef moes word.
Die ander vier DA-raadslede, mnre James Swigelaar, Chris Stemmet, prof Johan Olivier en me Diane de Jager, het skuldig gepleit op die DA-aanklagte teen hulle en versagtende omstandighede aangevoer wat die DA aanvaar het.
Alliansiepolitiek het Oudtshoorn ‘n groot knou gegee in Februarie 2007. Vandag is Swartbooi ‘n administratiewe katspoegie weg van skorsing deur ‘n DA minister van plaaslike regering!
Nel het uiteindelik die appèl teen sy skorsing gewen.
Op 31 Mei berig OO dat die DA se politieke leiers nie ‘n vinger gelig het om die brose magsbalans op Oudtshoorn aan te spreek nie.
En op 30 Junie skryf OO dat die politici belowe en belowe en belowe… en dat daar níks van hierdie beloftes kom nie.
Oudtshoorn was in 2007 ‘n pion in die DA se spel om beheer in Kaapstad te vestig as platform vir die 2009-verkiesing. Dié plan het inderdaad geslaag toe die DA vanjaar die Wes-Kaapse regering kon saamstel na ‘n verkiesingsoorwinning waarin Oudtshoorn ‘n beduidende rol gespeel het.
Is Oudtshoorn stééds ‘n pion?
Die DA se aksieplan vir Oudtshoorn, waaroor OO op 4 Junie verslag gedoen het, het OO laat twyfel of die DA Oudtshoorn wíl regeer. OO het toe gewonder of Oudtshoorn nie ándermaal op die politieke altaar van doelmatigheid geoffer gaan word nie:
“Beoog die DA dalk om teen die volgende verkiesing te kan sê dat hy ‘n provinsie kon regeer het waar verskeie plaaslike rade deur die ANC beheer was – en dat die DA stééds uitnemende dienslewering verseker het!? Kan dit wéés dat die DA Oudtshoorn nie wíl regeer nie? Hierdie ‘aksieplan’ lyk na ‘n strategiese meesterstuk vir verloor.”
In Eden veg Jac Bekker ‘n alleenstryd nádat Johan Koegelenberg teen ‘n oormag die skanse in stand gehou het en nadat Bekker sy eie politieke hoofde moes oortuig om hom te láát veg. Want die DA se politieke hoofleiers het eintlik opgegee oor Eden! En nou lyk dit asof Bekker en Koegelenberg die stryd gaan wen!
OO eis béter vir Oudtshoorn!
Jac Bekker moet eintlik sy aandag by Oudtshoorn bepaal, maar hy besef – tereg – dat die magsbalans in Eden ‘n direkte impak op Oudtshoorn het. En op Oudtshoorn is daar nie ‘n politieke swaargewig wat kan voorvat nie. Dit was andermaal Bekker – met Nic Barrow se grofgeskut agter hom – wat die OD en die DA verlede week in staat gestel het om die raad belangrike besluite tot voordeel van Oudtshoorn te laat neem. Geen DA-hoofleier was betrokke nie! Die OD se Patricia de Lille en Sakkie Jenner was nie betrokke nie!
Oudtshoorn is uitgelewer.
Oudtshoorn kan nie op die politici staatmaak nie.
Ons is op onsself aangewese.
En dít is moontlik Oudtshoorn se redding!
Wat ons nodig het op Oudtshoorn is ‘n groep mense wat Oudtshoorn bo alles sal stel. ‘n Groep mense wat nie politieke opdragte van elders, wat gemik is op ‘n “groter politieke prentjie”, sal hoef te aanvaar nie.
Wat ons op Oudtshoorn nodig het, is om Oudtshoorn eerste te stel.
OO wonder…
Is Oudtshoorn Eerste nie tóg die oplossing nie?
Behoort ons nie aan Oudtshoorn Eerste te bou nie, sonder om noodwendig ons onderskeie poltieke tuistes prys te gee, ten einde die distriks- en provinsiale- en nasionale politieke leiers bedag te maak op die feit dat ons mense van Oudtshoorn verwag – nee eis! – dat Oudtshoorn eerste kom!?
Moet ons nie weer die passie van 25 November 2008 aanblaas nie!?
Klik hier om nog ‘n berig te kies














BARON, JY HET N PAAR GOEIE WOORDEBOEKE INGESLUK———–WATTER NAAM WIL JY PLAAS OP HIERDIE BESPOTLIKE TOESTAND? WAT IS DIE WERKLIKE MOTIEWE AGTER DIE SKERMS? KAN DIE MENSE NIE—OF WIL HULLE NIE?
EK HERHAAL WEER —–HIERDIE KONKOKSIE VAN ALLIANSIE EN GELYKOP STEMME WERK NIE VIR MY NIE—-ONS DORP VERVAL IN N ROTNES! ONS KORT N PAAR HARDEKWAS ”FOX-TERRIERS’ BOET!
Mnr die redakteur u poging om OE te posisioneer slaag nie!! Na my mening is daar slegs twee organisasies in Oudtshoorn wat by magte is om as onafhanklike verteenwoordigers van al die mense in ons dorp op te tree en hulle is OE en die Besigheidskamer. Helaas, albei misluk gruwelik in hulle doelstellings en verdien nie die aanspraak wat die organisasies in hulle doelstellings maak nie.
Dit sal gaaf wees as u meer doelgerigte kommentaar kan lewer oor spesifieke pogings wat deur hierdie organisasies gedryf word want tot op hede lyk dit my opereer hulle ondergronds.
Hoe lank nog gaan Oudtshoorn toelaat dat magsdronk politieke partye woer woer speel met ‘n besigheid (Oudtsoorn) en gaan ons toelaat, met respek gese mnr, dat onbekwame mense beheer uitoefen oor ‘n begroting van miljoene rande. Die feit dat dit tans gebeur en toegelaat word is die enkel rede waarom daar tans op ons dorp meer tyd bestee word aan hofsake en pogings om wanbestuur aan bande te le.
So terloops wat het gebeur met die ondersoek wat geloods sou word na die doen en late van ons ds Petersen met betrekking tot sy dienstermyn by sy vorige vorige werkgewer??
Dan mnr was daar ook navraag oor die betaling van R135000 vir regskostes wat met twee tjeks betaal is?? Vergeet ons van hierdie goed of raak ons asems op!! Hoe dan nou mnre Besigheidskamer, dis tog belastingbetalers se geld. Weet u hoegenaamd daarvan??
Patriot, jy verstaan die probleem. Om nou ‘n dooie perd (die OE) te wil resussiteer is ‘n mors van tyd en poging. Hul lede is tans ook besig met ‘n agenda wat net aan hulle bekend is. Die besigheidskamer, daarenteen, swyg eweneens reeds maande oor wat met die “grootste besigheid” in Oudtshoorn gebeur. Ek wil wonder of die woer-woer spelery waarna Patriot verwys nie ‘n teken van magteloosheid aan die kant van die onbekwame politici is om hulle van die probleem te probeer distansieer nie. Nog die DA nog enige van die ander partye, en ek praat nasional en provinsiaal, het tans enige poeier om tot enige sinvolle besluit oor die toekoms van Oudtshoorn te kom of anders stel hulle doodeenvoudig nie belang in ons dorp nie.
Dit is hartseer maar ‘n werklikheid.
Dalk tyd vir ‘n generaal om nader te kom.
Ek het al 3 jaar gelede vir diegene wie OE wou vestig gesê dat dit doodgebore is,hulle het nie die infrastruktuur of die finansies om n verkiesing suksesvol te beveg nie,en ek hou by my stelling.Die “Zille” DA se stemme in die laaste verkiesing het bewys dat die inwoners van Oudtshoorn baie sterk swaai na daardie kant toe,”die kant van Zille”kan ons, wie graag oplossings soek vir die huidige probleme, nie dalk ons kragte saamsnoer en vir die volgende munisipale verkiesing die DA die oorweldigende meerderheid stemme besorg en dan hierdie dorp van ons met die regte party en die regte leiers weer n dorp maak waarop ons trots kan wees nie. Na aanleiding van Chris en Patriot se skrywes,vra ek asb. die volgende,kan die besigheidskamer nie asb.aan die lesers van OO bekend maak waar hulle staan nie?,hulle is tog Magtiger as die politiek,hulle is die “geld mag”! ja indien ons hulle aan die gang kan kry ,glo ek kan hulle die huidige situasie red, en toekomstege leiers sal sekerlik ook uit hulle lede na vore kom.Graag sien ons uit na amptelike kommentaar van die Besigheidskamer rondom die huidige situasie in die Oudtshoorn munisipaliteit.Ons kan tog nie “besigheid” doen as ons dorp in duie stort nie.
Pieter Retief nou is jy besig met dit wat saakmaak. Dis great dat daar iemand is wat besef waarop gekonsentreer moet word. Maar helaas, dit lyk my daar is niemand op die bestuur van die BK wat OO lees nie aangesien ons niks van hulle hoor nie. Ek kan dit nie glo nie maar anyway slaap rustig voort BK ek wonder hoekom enige besigheid ‘n lid moet word van julle organisasie?? Ek verneem daar is van die BK se kommittee lede wat wil staan vir die DA in die komende munisipale verkiesing. Ruik ek gravy of wat??