Slapgat politici
Politieke leiers lig nie ‘n vinger vir Oudtshoorn nie
… korreksie: ‘n middelvinger is tog duidelik sigbaar
Oudtshoorn. 1 Junie 2009. 00h01. OO het sedert Vrydag verskeie boodskappe na verskeie politici gestuur oor die magsbalans in die raad.
Die OD en die NPP het die ANC Vrydag entoesiasties ondersteun toe die ANC se wysiginge aan die begroting met 13 stemme teen 6 aanvaar is.
Die reaksie… of dan liewer, die absolute gebrek aan reaksie, van politieke leiers is verstandsverstommend. Miskien, soos Elia die Baäl-profete op Karmel uitgetart het, slaap hulle, of is hulle moeg. Foei!
OO se eerste boodskap was aan die DA-leier, Helen Zille, Vrydagmiddag:
Madam Premier, I am about to mar your successful day: Oudtshoorn. The whip is an embarrassment; the MP can not lead a child to candy; councillor Nel stands alone but is sullied by association with a caucus which has lost all credibility. The OD has broken rank enthusiastically. You have lost Oudtshoorn 30 days after it delivered for the DA! Send an emissary who can move and shake, or close the book on this constituency.
OO het nog geen reaksie van die DA-leier gekry nie.
Sondagoggend het OO vroeg ‘n boodskap aan die OD-leier in die Wes-Kaap, Sakkie Jenner, gestuur:
Mnr Jenner, laat weet my asseblief so spoedig moontlik waar en wanneer ek en die redakteur van die Oudtshoorn Courant u vandag op Oudtshoorn kan spreek.
Jenner het nie gereageer nie en het nie sy telefoon beantwoord toe OO hom drie maal geskakel het nie.
OO steek toe maar by die plaaslike OD-sweep, Gordon April, kers op.
April het van geen sout of water geweet nie. Hy was onbewus dat Jenner Oudtshoorn toe kom. Hy was onbewus dat Jenner hom wil spreek. Hy was onbewus dat Jenner die OD-koukus wou spreek. Hy was onbewus van enige reëling dat Jenner met die OD-koukus wou praat.
Toe stuur OO vir Jenner ‘n boodskap, met kopieë aan die DA-leier in die Wes-Kaap, Theuns Botha; en die minister vir plaaslike regering, Anton Bredell:
Mnr Jenner, jou sweep op Oudtshoorn, Gordon April, weet van geen gesprek met jou vir vandag nie! Lieg April, of… Jy het ‘n afspraak met my vir vandag; jy antwoord nie jou foon nie; jy reageer nie op boodskappe nie. Jy en die OD hou Oudtshoorn vir die gek! Wat is die DA se reaksie op hierdie slenter!? Ek publiseer die OD se minagting van Oudtshoorn en jou gebrek aan optrede teen 16h00 vandag. Ek wil van jou en van me De Lille verneem.
Tóé reageer Jenner!
Ek oppad odn toe verstaan nie jou verskriklike uitbarsting nie.
OO het Jenner onmiddelik gebel, maar die telefoon – waarvandaan Jenner pas ‘n sms gestuur het! – is nie beantwoord nie.
Botha en Bredell was tjoepstil. En swyg steeds. Dít nadat Botha reeds Vrydag aangedui het dat hy daardie selfde dag sou reageer op OO se nuus dat die OD en die NPP die ANC ‘n tweede agtereenvolgende maal teen die DA gesteun het.
Na nog ‘n gesprek met April, laat weet OO vir Jenner:
April weet nie eens van jou besoek nie, mnr Jenner!? Lieg hy vir my? Het jy ‘n afspraak met jou OD-lede? Laat weet asseblief wanneer ons kan ontmoet.
Geen reaksie nie.
Gedurende die dag het OO April vier maal gebel om te verneem of Jenner al van hom laat hoor het, maar teen half-nege gisteraand was April nog heeltemal onbewus dat Jenner hoegenaamd met hom en sy koukus wou praat:
“Ons het mos niks verkeerd gedoen nie; hoekom moet daar met ons kom praat word?”
OO wonder wat Jenner van dié reaksie dink!
Dis nou dieselfde Jenner wat OO voorverlede week verseker het dat as hy wat Jenner is ‘n rigting aanwys, dan volg “my mense”.
Yeah. Right.
Na nog ‘n kort gesprek met April het OO laatmiddag andermaal probeer om Jenner te bereik:
Kan u asseblief bevestig of u op Oudtshoorn is, nog vandag opdaag, Maandag, of daarna. Die OD op Oudtshoorn is in die ANC-kamp en die 2 NPP-lede ook. Die Oudtshoorn-raad word dus 16-7 deur die ANC -faksie beheer. U kan my beswaarlik van oorreaksie beskuldig as ek meen dat u spoedeisend – soos in onmiddelik – moet optree.
En toe volg OO se laaste boodskap aan Jenner, na ‘n vierdie gesprek met April:
Mnr Jenner, het jy al met jou Oudtshoorn-koukus ontmoet vandag?
Dit is duidelik dat die OD geen belang het om sy koukus op Oudtshoorn spoedeisend aan te spreek om by die ooreenkoms met die DA te hou nie. OO het reeds die mening uitgespreek dat Jenner nié die Oudtshoorn-koukus uit die ANC-skoot sal getrek kry nie. Slegs raadslid Swartbooi, wat naarstigtelik probeer om sy politieke inkomste te behou, en raadslid Ewa Fortuin, ondersteun Jenner op Oudtshoorn.
Jenner het voorverlede week gesê hy en sy party-leier, Patricia de Lille, sou verlede naweek op Oudtshoorn wees.
Toe sou Jenner die OD-koukus verlede Dinsdag in Kaapstad spreek.
Toe sou Jenner gister op Oudtshoorn wees om die koukus “reg te ruk”.
En gister was Jenner “oppad odn toe” (sic) en verstaan hy nie OO se “verskriklike uitbarsting” nie.
Die OD vertrou !?
Nooit gesién nie !
Die kontroversiële leier van die National People’s Party, Badih Chaaban, is besig om na die ANC te vry vir ‘n knus pos en Oudtshoorn se twee NPP’s is reeds in die ANC-stal.
Dit slaan OO dronk dat die DA absoluut níks doen om sy beheer in die Oudtshoorn-raad te verdedig nie. Is daar ándermaal ‘n doelmatige politieke altaar waar ‘n lang mes op Oudtshoorn wag – soos in 2007!?
Miskien is die DA-LP vir Oudtshoorn, Jac Bekker, reg: OO verstáán nie!
Die DA vertrou!?
Nooit gesién nie!
Daar is dalk één ding wat OO wel verstaan: Ons, op Oudtshoorn, sal voortaan na ons eie bas moet omsien. Daar is nie ‘n politieke party wat vertrou kan word om Oudtshoorn vir Oudtshoorn te bestuur nie.












Hier is die perfekte motivering waarom n Party soos Oudtshoorn Eerste nodig, nee, noodsaaklik is vir Oudtshoorn.n Party wat nie beheer word deur leiers uit Kaapstad of erens buite Oudtshoorn nie. n Party wat staan vir die belange van Oudtshoorn eerste, dws voor n politieke party s`n of n provinsiae koalisie s`n. Maak u dus gereed om vir deursigtige bekwame raadslede te stem wat regtig omgee wat word van ons dorp. Dankie OO vir jou moeite en volhardende joernalistiek om ons kiesers op hoogte te hou van hoe die politici ons mislei. Hulle kierantjies gaan braai!!!
my woorde is min, maar van so n aard dat ek dit maar vir myself sal hou!
Maar verseker is dit n vernedering om te erken dat ek vir die DA gestem het! Dit sal nie in my leeftyd weer gebeur nie!
Oudtshoorn Eerste
OO neem kennis van jou standpunt en moet erken dat die idee van ‘n eie, plaaslike politieke party al hoe aantrekliker begin lyk.
Red.
Die in-mekaar-kruipery van die OD, ANC en NNP is nou maar net weer die bewys dat hierdie raadslede ander agenda’s het, hulle wil die DA oorheers en sodoende beheer neem. Behoede ons tog – hulle kon vir hoe lank geen hond haaraf maak nie, dis nou ‘n voldwonge feit Oudtshoorn Eerste sal onmiddellik op die been gebring moet word. Ek ondersteun dit 100% en glo dat ons verbaas sal wees om te sien hoeveel van die gemeenskap is siek van die politiekery en sal ook agter so ‘n Party staan. Waar is die sterk leiers wat kans sien vir hierdie een? Ek hou hierdie sage met spanning dop, lyk my hier gaan interessante goed uitspring na die besoek van Jenner! As hy óóit hier was, deesdae met selfone kan jy enige plek op aarde wees – wie sal weet waar?
Na die lees van bo-genoemde stuk , kan ek nie anders as om met nico saam te stem nie . Die DA op Oudtshoorn sal nie weer my of my vrou se stem sien nie . Net provinsiaal .Hierdie is werklik ‘n teken van hoe min die DA en OD se leiers vir Oudtshoorn omgee. Dan praat mens nie eers van die plaaslike raadslede nie . Hulle bly in Oudtshoorn, maar is beslis nie vir Oudtshoorn nie !!
Was dit dan nie die OO en sy saamrasers wat so entoesiasties die DA ondersteun het skaars ‘n maand gelede nie. Ek het toe al vir julle gesê die spul is hopeloos.
Touché, Chris Bredekamp!
Om ‘n fout te erken is een van die goeie dinge wat ‘n mens kan doen… en OO is op die punt om ‘n fout te erke.
Red.
Chris ek is een van die saamrasers wat die DA entoesiasies onderstuen het in die hoop dat die DA onder leiding van Helen Zille hul agterente in rat sal kry en ‘n verskil sal maak.Ek het soos baie ander gehoop die plaaslike DA se oë op Oudtshoorn sal oopgaan en hulle met die ondersteuning van die kiesers beter sal “perform”, maar ongelukkig lyk dit of dit te laat is vir die dooies om op te staan.