OudtshoornOnline

Oudtshoorn DA geroskam!

Posted in Politiek by Red/Ed on February 20, 2009

Theuns Botha wys die plaaslike DA waar Kaïn Abel vermoor het

Oudtshoorn. 20 Februarie 2009. 16h17.

“Ek het nou genoeg gehad!”

Dít was vanoggend die Wes-Kaapse leier van die DA, mnr Theuns Botha, se uitroep toe OO hom na gister se vergadering met die plaaslike DA koukus gevra het.

Die Oudtshoorn DA sal ons nie langer in die skande steek nie.

Botha het gister die uiters ongewone stap – die eerste maal in sy politieke loopbaan dat hy tot só ‘n stap oorgaan – gedoen en ‘n babawagter vir die DA op Oudtshoorn aangestel. Raadslede Dianne de Jager, Johan Olivier, Pierre Nel, Chris Stemmet, James Sigelaar, Mary May en Sonja Biljohn gaan voortaan opgepas word deur Botha se amptelike verteenwoordiger op die koukus, die nuwe kiesafdelingshoof en voormalige minister van Landbou in die Wes-Kaap, mnr Gerhard van Rensburg.

Van Rensburg, of sy verteenwoordiger in die persoon van Jac Bekker – uitvoerende lid vir Finansies in Eden Distriksmunisipaliteit – het voortaan sittingsreg op die koukus en sal alle besluite van die koukus kan veto. Dit beteken dat Botha elke enkele besluit van die DA koukus op Oudtshoorn monitor.

Hierdie maatreël kan nie anders beskryf word nie: Dis ‘n snotklap vir die DA stadsvaders (en -moeders!) op Oudtshoorn!

Die koukus moet binne 14 dae met ‘n regrukplan van aksie vorendag kom. Hierdie plan vir goeie regering sal met die DA se alliansievennote – die ANC en die OD – bespreek word en ook op senior partypolitieke vlak met die ANC en die OD gedeel word.

Botha sê dat die beeld en die status van die DA op Oudtshoorn herstel moet word en dan gehandhaaf moet word. Hy gaan selfs die regrukplan met die gemeenskap op Oudtshoorn deel, sê Botha. Gemeenskapsleiers moet ingelig word oor wat die DA doen om Oudtshoorn te dien.

Volgens Botha het die DA die geleentheid om in ‘n paar munisipaliteite hulle staal te wys. “Hierdie munisipaliteite”, sê Botha, “is die DA se enigste vertoonvenster.” Die DA kan dit nie bekostig dat sy reputasie deur die modder gesleep word deur onkapabele koukusse nie, het Botha bygevoeg.

OO het Botha gewys op die plaaslike DA voorsitter, mnr Jan Griebelaar, se stelling dat hy bereid sal wees om ongewilde besluite te neem ten einde die beste moontlike kandidate op Oudtshoorn vir die DA te werf.

Botha het gesê dat hy as politieke leier die regte besluite neem en nie gewilde besluite nie. Hy bou sy persoonlike reputasie op hierdie beginsel. Daar is tans ‘n leemte in politieke leierskap op Oudtshoorn en daardie leemte moet gevul word, sê Botha.

Botha het verwys na ‘n private ontmoeting van plaaslike sakeleiers gisteraand wat deur die entrepreneur Nic Barrow gereël is en gesê dat daar baie voortreflike kandidate vir DA benoemings op Oudtshoorn is.

Alhoewel Botha se daadwerklike en drastiese optrede prysenswaardig is, moet die ANC en die OD ook hulle kant bring in die alliansie.

Daar is ‘n ondersoek gelas na die bedrywighede van die OD-onderburgemeester van Oudtshoorn, mnr Jeffrey Swartbooi, met betrekking tot ‘n brief aangaande ‘n tender van R50 miljoen. OO se navraag hieroor aan die OD leier me Patricia de Lille is sedert 2 Februarie onbeantwoord.

3 OD-raadslede, mnre  Jeffrey Swartbooi en Jurie Harmse,  en me Ewa Fortuin (en 2 NNP-lede, mnr Ben Pannas en me Nellie Soman) gaan aangekla word omdat hulle verklarings geliaseer het ter ondersteuning van ds Noël Pietersen se dringende aansoek in die Kaapse Hooggeregshof om, onder andere, sy disiplinêre verhoor stop te sit. OO se navraag hieroor is sedert 9 Februarie onbeantwoord.

Intussen het de Lille egter tyd genoeg gehad om kriminele klagtes teen mnr Carl Niehaus aanhangig te maak – maar haar eie party se plaaslike onderburgemeester is steeds in sy pos en haar onbekwame plaaslike raadslede steeds deel van die alliansieregering!

Een van die goed wat tans erg krap oor die ANC is die senior pos wat die speaker se seun in die munisipaliteit bekleë en sy vinnige opgang van ontwikkelingsbestuurder op Oudthoorn na ‘n senior pos in die Eden Distriksmunisipaliteit en sy aanstelling spoedig daarna in strategiese bestuur op Oudtshoorn. Raadslede behoort nie familielede werksaam te hê by die munisipaliteit nie. Die verwagte onkreukbaarheid van ‘n raadslid durf nie aangetas word nie.

Die DA het die sweep geklap. Waar, o waar is die leierskap in die OD en die ANC?

Oudtshoorn wag. Maar Oudtshoorn is keelvol.

Advertisement

2 Responses

Subscribe to comments with RSS.

  1. KEVIN said, on February 20, 2009 at 12:33 pm

    WHY NO ENGLISH. AFRIKAANS IS A DYING LANGUAGE.

  2. The Baron said, on February 20, 2009 at 1:01 pm

    Afrikaans a dying language?

    Not so sir!

    Oudtshoorn is mostly Afrikaans – and most every individual publicly professing not to understand it speaks it at home. They pray in Afrikaans. They cuss in Afrikaans. Perhaps they officialise in the Queen’s vernacular…

    I do take note however, Kevin, and will publish English articles as the readership expands to the “English Press”.

    Regards and thank you for your comment!


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.