Vrae aan die OD-leier, me Patricia de Lille
Brief aan die leier van die OD, me Patricia de Lille
Oudtshoorn
2 Februarie 2009
Me de Lille
Daar is ‘n ondersoek gelas na die bedrywighede van die OD-onderburgemeester van Oudtshoorn, mnr Jeffrey Swartbooi, met betrekking tot ‘n brief aangaande ‘n tender van R50 miljoen.
Feitlik presies twee jaar gelede kon Swartbooi, toe uitvoerende burgemeester, nie ‘n mosie van wantroue oorleef nie. Die aantygings tóé het betrekking gehad op die aanstelling van twee nuwe direkteure ten spyte van ‘n raadsbesluit op 15 Desember 2006, die vroegtydige uitbetaling van meer as R600 000 aan ‘n amptenaar, die verlenging van die munisipale bestuurder se dienskontrak en die verhoging van die toelae van die bestuurder van die Kango Grotte.
Synde die munisipale bestuurder van Oudtshoorn, ds Noël Pietersen, geskors is en tans ‘n dissiplinêre verhoor ondergaan oor transaksies wat verdwynend klein is in vergelyking met die tender onder bespreking, en synde u sterk openbare standpunt teen korrupsie, verneem ek graag of u dit oorweeg om uit OD-geledere stappe teen mnr Swartbooi te doen ten einde Oudtshoorn te help om die koste en die verleentheid van nóg ‘n politico-administratiewe fiasko tot ‘n minimum te beperk.
OudtshoornOnline












leave a comment